Monday, December 22, 2008

My groot geskenk

Na die laaste trek sukkel ek gedurig met my rekenaar.
Sy kwale wissel van dag tot dag, en word by die dag ernstiger en meer gekompliseerd.
Gelukkig vir my het ek n persoonlike GPS met die naam van Marius, en so sukkel hy aand vir aand met my en die rekenaar oor die foon, ek volg sy instruksies blindelings en siedaar... ek werk weer vir n dag of twee op die siek masjientjie!

Hy kom spandeer n hele saterdag aan my siek rekenaar... ruk hier iets uit, sit daar weer iets in. En daar gaan ek en die rekenaar weer....
Maar heellaas dit hou ook net n week...

Ek bel weer, verduidelik die rekenaar praat nou slegs Chinees, weier enige iets anders!

Nee wat Moeder, sit nou maar die ou siek dingetjie af tot ek weer Saterdag by jou kan uitkom is Marius se opdrag...
Maar dit is nou eers Maandag my kind...
Jammer Moedertjie, Saterdag hoor!

So kyk ek al van vroeg Saterdag af uit vir Marius...
Hy laai n hengse groot pakkie agter uit die kar uit...
Bespring my arme siek masjientjie sonder enige simpatie.
Kul jou hier en kul jou daar en siedaar...
Staan n splinternuwe masjientjie..."uit die boks"

Nuwe alles, van die muis tot bo uit!

My liefste kind, baie dankie vir hierdie groot bederf.
Ek is baie lief vir jou en wardeer jou!
Behandel tog asseblief die ou siek masjientjie met respek , wat jy ook al met hom doen... ons het vir n jaar lank groot dinge saam gedoen en ver paaie saam geloop...
Jy weet tog hoe swaar neem ek afskeid van die ou dinge...

6 comments:

  1. Nimsie! WAT 'n present!! Sooo baie bly vir jouse onthalwe -- ek kan net dink. Dra tog dankbaarheidswoorde namens hierdie blokvriendin aan Marius oor; ek sou defnitief Chinees geleer het om met jou te kon bly gesels, maar ai, Marius het darem nou vir my baija tyd gespaar!

    En geniet, geniet, geniet....

    (Ken daai gevoel van huil oor ou dinge...)

    ReplyDelete
  2. Ek's bly vir jou oor die nuwe rekenaar! Hoop jy gaan hom baie geniet!!

    ReplyDelete
  3. Hi miriki, sal verseker jou boodskap aan Marius oordra. Ja-nee ek en die oom was ook vinnig op pad om Chinese lesse te neem...
    Vir Marius die lekkerste lekker om my te bederf!
    Nimsi

    ReplyDelete
  4. Hello Thea,
    Dankie man, gaan lekker "partiekie" op die nuwe ekenaar-soveel vinniger as die ou siek een.
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Nimsie net so bly vir jou oor die lekker groot bederf. Geniet dit!

    ReplyDelete
  6. Hi Sandra, baie dankie. Ek moet nou nog alles van voor af invoer op die nuwe rekenaar... Marius al van kleintyd af lief om mooi goedjies vir my aan te dra.
    Nimsi

    ReplyDelete