Tuesday, December 23, 2008

Kersboodskap 2008

Die jaar 2008 eindig op n interessante en uitdagende noot. Wereldwyd steier ekonomiee, en word woorde soos resessie en depressie reeds (versigtig) gebruik.

Voedselpryse het ongekende hoogtes ingeskiet en Jan en alleman sukkel om te midde van hoe inflasie, rentekoerse, heffings en brandstofpryse kop bo water te hou.
Dit is egter veral verwikkelinge op politieke gebied wat die vloeibaarheid van ons situasie onderstreep.
Ons staatspresident is oornag vervang en nuwe rolspslers het portefeuljes oorgeneem. Die party wat nou regeer tot en met die wederkoms van Jesus Christus (volgens hul eie uitspraak) steier tans onder die aanslag van nuwe politieke bewegings.

Maatskaplike probleme soos misdaad en geweld, armoede en werkloosheid, behuisingsprobleme en omgewingskwessies, Vigs geletterdheid ens, is steeds met ons. Volgens n onlangse berig in die Beeld is die lewensverwagting van S A mans skaars 47 met vroue effe gesonder.
Ons geletterdheidspeil is selfs laer as die van Zimbabwe.

Zenofobiese aanvalle verraai mense se onsekerheid en navorsing nav onnatuurlike sterftes in Suid Afrika wys op die onsekerheid, vrees en aggressie onder ons mense.

Aan die ander kant is daar tekens van n geestelike ontwaking
Verskeie stadionbyeenkomste laat gesoute teoloe en predikers vra wat n "gewone" boer se geheim is dat tienduisende mense saamtrek om God te aanbid.
Duisende manne daag op vir n saamtrek op Greytown terwyl nagenoeg 200 000 mans by volgende jaar se Mighty Men Conference verwag word.
Woorde soos herlewing word kwitsig gebruik en sommige gelowiges glo dat die wederkoms voor die deur is...

Oor twee dae is dit kersfees, eerder Christusfees.
Ons word opnuut bewus van God wat Sy hemelse woning verlaat om met ons in ons nood te identifiseer.
Ons leer Hom ken wat die belange van die wat swaarkry in besonder op die hart dra. Ons hoor Sy roepstem dat ons in en deur die Krag van sy Gees Koningkryksverteenwoordigers sal wees. Soos Sy Vader Hom gestuur het en Hy gehoorsaam was word ons geroep om eweneens te gaan en te vertel, te versorg en te genees.
Die swier en uitspattigheid wat menige kersjoligheid kenmerk is ver verwyderd van die eenvoud van n onwelriekende stal.
Hy kon gekies het om in goudgedrapeerde linne in n paleis sy verkyning te maak. Hy het egter nie.
Hy het in ons eenvoud kom indaal en ons kom uitnooi om Hom te volg.
Mag ons hierdie kerstyd met al sy uitdaginge die ware kersstemming uitdra.

Aan al ons vriende, familie en blogvriende:
n Geseende Christusfees.

Monday, December 22, 2008

My groot geskenk

Na die laaste trek sukkel ek gedurig met my rekenaar.
Sy kwale wissel van dag tot dag, en word by die dag ernstiger en meer gekompliseerd.
Gelukkig vir my het ek n persoonlike GPS met die naam van Marius, en so sukkel hy aand vir aand met my en die rekenaar oor die foon, ek volg sy instruksies blindelings en siedaar... ek werk weer vir n dag of twee op die siek masjientjie!

Hy kom spandeer n hele saterdag aan my siek rekenaar... ruk hier iets uit, sit daar weer iets in. En daar gaan ek en die rekenaar weer....
Maar heellaas dit hou ook net n week...

Ek bel weer, verduidelik die rekenaar praat nou slegs Chinees, weier enige iets anders!

Nee wat Moeder, sit nou maar die ou siek dingetjie af tot ek weer Saterdag by jou kan uitkom is Marius se opdrag...
Maar dit is nou eers Maandag my kind...
Jammer Moedertjie, Saterdag hoor!

So kyk ek al van vroeg Saterdag af uit vir Marius...
Hy laai n hengse groot pakkie agter uit die kar uit...
Bespring my arme siek masjientjie sonder enige simpatie.
Kul jou hier en kul jou daar en siedaar...
Staan n splinternuwe masjientjie..."uit die boks"

Nuwe alles, van die muis tot bo uit!

My liefste kind, baie dankie vir hierdie groot bederf.
Ek is baie lief vir jou en wardeer jou!
Behandel tog asseblief die ou siek masjientjie met respek , wat jy ook al met hom doen... ons het vir n jaar lank groot dinge saam gedoen en ver paaie saam geloop...
Jy weet tog hoe swaar neem ek afskeid van die ou dinge...

Thursday, December 11, 2008

Carl


Happy brr-thday to you

Happy brr-thday to you...


Hope you have a fantastic day, and a blessed year and years to come.

May the Lord shower you with blessings upon blessings and may He meet your every need and may you continue to shine Jesus' light to everyone!


Love you lots and lots


Happy brr-thday to you!

Wednesday, December 10, 2008

Liefde sonder grense

Christus se koms na hierdie wereld het vir ons iets kom wys van die omvang van God se grenslose liefde.
Ondanks Sy grootheid kies Hy om die skoot van n nederige vrou te gebruik om Sy Seun in die wereld te bring, om die blink van n paleis vir n eenvoudige stal te verruil en die Goeie Nuus sommer heel eerste aan nederige skaapwagters te bring.
Terseldetyd kon Sy boodskap die harte van hooggeplaaste sterrekundiges op so n wyse deurdring dat hulle in staat was om - ongeag hul geleerdheid - die wonder van die ware Koning te herken.
Die Betlehem baba kom se vir ons dat ons Here se liefde op asemrowende maniere verby vertoon, status, kennis en rykdom loop - en dan n tuiste vind in die harte van gewone mense, mense soos ek en jy!

Monday, December 8, 2008

Die Smit gesin se verhaal

Die situasie agter hierdie verhaal is werklik, maar die name is aangepas om die mense te beskerm. Ek plaas hierdie verhaal met hulle toestemming!

Vandat ek kan onthou het mense my gefassineer...
Waar kom ek aan hierdie verhaal?
...Dit is aan my vertel deur die dogter self ( nou al n volwasse vrou met twee tiener dogters) Sy het genadiglik oorleef en opgestaan... en elke treetjie van haar opstaan pad was seer!

Alles in die Smitte se huishouding is voorspelbaar.
Elke vrydagaand kom meneer Smit laat van die werk af. Elke vrydagaand vrees mevrou Smit hy het weer n verhouding. Elke vrydagaand begin mevrou Smit op haar dogter te skree terwyl sy op meneer Smit wag. Elke vrydagaand loop mevrou Smit weg. Elke vrydagaand kom meneer Smit laat by die huis en begin sy vrou soek. Elke vrydagaand kry meneer Smit sy vrou waar sy iewers langs die pad loop, en bring haar terug.
Elke vrydagaand maak meneer en mevrou Smit rusie. En dit duur tot Sondagaand.
Elke vrydag - tot - sondagaand sien hulle nie hoe hulle dogter daarvan bewe nie.

Een vrydagaand gebeur dit n bietjie anders. Meneer Smit werk weer laat. Mevrou Smit skree weer op haar dogter. Mevrou Smit loop weer weg. Toe meneer Smit laat by die huis kom sien hy hy moet weer sy vrou gaan soek. Hy wil eers n draai loop en pluk die badkamerdeur oop. Sy dogter le in die bad. Hy wonder vlugtig waarom sy sulke rooi badskuim gebruik. Dan hardloop hy uit agter sy vrou aan.
Toe hulle terugkom bad sy dogter nog steeds. Meneer en Mevrou Smit baklei die hele aand. En die dogter bad die hele tyd.
Meneer Smit wil nou ook bad en skree vir sy dogter om uit te klim. Hy dreig om haar te kom uitpluk, hy het nou genoeg van moeilike vroue gehad.
Hy storm by die badkamer in. Die badwater is nou baie rooi. Nou sien Meneer Smit sy dogter se oop polse.

Meneer Smit skree vir sy vrou om te kom help, maar sy het haarself weer in die slaapkamer toegesluit.
Hy verbind sy dogter se polse en sleep haar na die motor.
Toe hy wegjaag, skree sy vrou agter hom aan dat hy seker nou weer by sy flerrie gaan inkruip...

Gesinsterapie, is wat die hospitaal aanbeveel toe dit blyk dat die dogter gaan lewe. Dit was n lang en seer pad voordat hierdie gesin mekaar weer vertou het!

Miskien is dit... of miskien word dit... ook jou verhaal.

My genade is vir jou genoeg.
My krag kom juis tot volle werking
wanneer jy swak is.
2 Korintiers 12:9

Wednesday, December 3, 2008

Een jaar oud

Vandag presies een jaar terug het ek my eerste inskrywing hier gemaak.
Op my blog was dit vir my n goeie jaar, ek het nuwe mense en plekke leer ken.


My eerste blog toekenning ontvang.





En ver bo my verwagting....nog een.

Aan almal wat saam met my hier gekuier het, baie dankie.

Tuesday, December 2, 2008

Marius


Veels Geluk! Vandag is jou verjaarsdag.
Mag die nuwe lewensjaar vir jou groot en mooi dinge inhou my kind.


Dierbare Hemelse Vader
Baie dankie dat U Marius 28jaar vir my gespaar het.

Dat U hom bewaar het en vir al U seen en genade in sy lewe

Vader baie dankie dat U hom liefhet, en dat hy vir U ken en U liefhet.

Dankie Vader dat U in hom gesit het n hart vir ander

Dankie O Heer dat hy oral waar hy gaan n verskil maak

Baie Dankie Vader dat ek deur hierdie kind deel kan he aan die wonder van die liefde tussen n ma en kind

Hou hom asseblief veilig in die holte van U hand in hierdie nuwe lewensjaar van hom

Amen

Ek vra nie vir jou die dieper betekenis van die kanarie se lied of die sonsopkoms op n mistige more nie. Vir my is dit genoeg dat dit daar is, dat dit pragtig is, en dat jy Hom wat dit gemaak het jou Vader mag noem!