Friday, May 21, 2010

Littekens...


Die meeste van ons loop met die een of ander litteken rond... ekself loop met so n litteken waar n mes in my voet geval het toe ek klein was, gelukkig vir my is dit aan die binnekant van my voet en min mense weet daarvan... ander is nie so gelukkig nie en hulle littekens sit op plekke waar dit baie opvallend is en hulle gedurig vrae daaroor moet beantwoord...
So loop Willie met lelike littekens aan sy bene rond, tekens wat gewoonlik vrae uitlok en hy die storie van sy ontelbare beenoperasies as kind al verskeie kere moes vertel...

Ek het n goeie vriendin wat n merk aan haar gesig het en daagliks bestee sy tyd om hierdie teken toe te smeer met allerhande toor goedjies... ek het al gewoond geraak aan hierdie merk in haar gesig omdat ek haar al deur die jare verkeie kere moes help toesmeer aan hierdie litteken vir spesiale geleenthede - dus sien ek glad nie meer hierdie merk raak nie en het haar toesmeerdery my al per geleentheid effens geirreteer...
na een so n vererg sessie en omdat geen toormiddel haar daardie dag kon tevrede stel dat die merk nie sigbaar is nie het dit my getref hoeveel mense daar rondloop met littekens wat hulle probeer wegtoor...

Nie altyd uiterlike littekens nie - maar littekens diep binne in jouself, merke wat ons met allerlei toorgoedjies vir onsself probeer wegsteek...
Het jy al opgemerk hoe sommige mense - sonder enige rede net ongeskik, ongeduldig, luid, hard, wreed en somtyds skoon uitbundig en laf kan wees...
Dit het al met my gebeur dat mense se reaksies my skoon winduit laat, my vir dae laat tob en wonder hoe hulle so heftig kon reageer op iets (vir my) klein en onbenullig...
en dan besef ek maar net weer... maak nie saak hoe hard n mens n litteken probeer toesmeer nie - daar kom n tyd dat jy nie anderpad kan kyk nie - dat geen toormiddel - geen salfie - goed genoeg is nie... die merk is daar!

So het ek ook onlangs nodig gehad om van my eie littekens skoon te was... die toorgoedjies het vir my ook net nie meer gewerk nie...
ek moes hierdie littekens skoonwas... moes aan hulle voel ... met hulle praat... moes uiteindelik erken dat meeste van hulle tog nie so erg is soos wat ek hulle deur die jare vir myself wou maak nie... dat die meeste van hulle al so mooi genees het dat ek jare lank al verniet bly toesmeer...
Ek is opreg dankbaar vir elkeen van hierdie "binne" littekens van my, want dit het van my gemaak die mens wat ek vandag is - die vrou wat ek vandag is.
Dit het gemaak dat ek met Liefde en deernis, saggies aan ander se littekens kan raak...

8 comments:

  1. Ja,n mens kan nie iemand regtig troos as jy nog nie self gehuil het nie.Dit is n mens se eie seer hart wat jou help onthou hoe nodig ander ons geduld en liefde het!

    ReplyDelete
  2. Littekens "toesmeer" is harde werk met geen heling nie;
    littekens "oopbreek" en skoonmaak, is nog harder (en seerkry) werk, maar soos jy nou kan getuig -- dit maak heel!!

    Sooo verheug, Nims!

    ReplyDelete
  3. Dit is so waar wat jy sĂȘ.....

    ReplyDelete
  4. Hi Nims, die ding van die litteken is baie waar en mens moet dit maar met erns lees en hoor wat die Here vir elkeen van ons wil se. Ek dink baie aan jou.. kom net nie op die blogs nie.

    ReplyDelete
  5. (((Charmaine))) Hoop dit gaan goed vriendin, en met Riza?
    Liefde vir julle.

    ReplyDelete