Saturday, July 17, 2010

Aan my twee woestyn vriendinne...



Goeie more Sandra en Charmaine
Ek wil graag n gebed vir julle doen...

Liewe Heer, ek nader U troon baie nederig vanoggend en wil U eerstens dank vir U liefde. Heer ek wil U naam vandag groot maak want U alleen is waardig om die lof te ontvang. Laat my asseblief toe my Hemelse Vader om my vriendinne voor hierdie toer van hulle na U toe op te lig. Ek bid dat U op hierdie toer spesiale aandag aan hulle sal gee. Lei U hulle en inspireer hulle deur U Heilige Gees. Gee asseblief U Engele aangaande hulle bevel (volgens Psalm 91) om hulle op die hande te dra, soveel so dat hulle gedurende hierdie toer nie eers hulle voet teen n klip sal stamp nie. Dankie dat U twee sulke fantastiese mense gekies het om deel van my lewe te wees. Deur hierdie twee vroue het ek opnuut weer U Liefde ervaar.
Ek bid hierdie gebed vir my twee vriendinne en ek weet met n kinderlike geloof dat U my gebed sal verhoor, nie net omdat ek dit vra nie, maar omdat ek en my vriendinne afhangklik is van U my God.
Amen.

Love you, en lekker toer!

2 comments:

  1. Baie dankie vriendin dis baie spesiaal.

    En ons spesiale "tiertjie" Rut gaan al die pad saam. Elke keer as ons haar sien, sal dit ons herinner aan hierdie spesiale gebed.

    Liefde

    ReplyDelete
  2. Baie dankie Naomi. Vader se seen vir jou ook vriendin. Ons neem jou graag saam op ons toer. Jy is baie kosbaar

    ReplyDelete