Sunday, July 11, 2010

Elke huis vertel n storie...


Sommige huise gooi nou maar net hulle flikkers vir jou, terwyl ander huise...

Dit is nou maar eenmaal so dat eerste indrukke tel-
Wanneer ek vir die eerste keer voor n huis stop - kyk ek altyd na die tuinhekkie, posbus en tuinpaaidjie.
By sommige huise moet jy oor die kinders se speelgoed en honde se waterbakke klim om by die voordeur te kom.
Elke huis weerspieel jou lewenswyse en persoonlikheid...

My eerste huis op n Vrydagoggend 8h00 verwelkom my met die geurige reuk van vars koffie (ek is so gelukkig om n koppie te kry elke vrydagoggend)

n Huis vol lig skep ook altyd n opgeruimde atmosfeer.
Kuns - vertel ook n storie van die huismense... familiefoto's of die kleuter se tekeninge.
Wat jy versamel is n uitvloeisel van jou belangstelling en vertel meer as wat jy regtig sal besef.

Is daar enigiets in jou huis wat wys dat jy n Christen is?

Wanneer jy in n Joodse gelowigw huis kom, is die wet by die deure opgeplak...
Moslem huise het skilderye op die mure wat die lof van alah besing...

Meeste van die huise waarin ek werk le n stofbedekte Bybel iewers op n rak...

5 comments:

  1. Sjoe ... jy het nogal 'n punt beet!

    ReplyDelete
  2. Nims ek geniet die prentjies wat jy skilder oor die huise se binne en buite wat vertel wie ons is en waarin ons glo. Ons moet sooo leer om te wys wie ons Pa is.

    ReplyDelete
  3. Dit was nou baie oulik gewees! En jy laat my dink! Ons huis is half klaar gebou en wag vir geld om klaar te maak soos die tyd aangaan.Hy maak maar moeilik skoon!
    Ek is so bly om die lig en vrolikheid in jou aan te voel,jy maak so n groot verskil!

    ReplyDelete
  4. Die internetman was vanmiddag hier om aan Jan se rekenaar te werk - wonder wat het hy gedink toe hy die deurmekaar studeertafel sien? Daar's 'n lui man / huisvrou hier of siestog dis gister se pos waarmee die arme oorwerkte besige man nog stoei?
    Een dag het 'n vreemde vrou aan die deur geklop toe Jan nie by die huis was nie - sy moes dringend bel. (Dit was nog voor selfone). Ek was maar huiwerig, veral omdat die telefoon in my slaapkamer was, maar laat haar maar in. In die slaapkamer sien sy toe Jan se foto en raai toe ken sy hom! Hulle het saamgewerk. SĂȘ nou ek het haar die deur gewys? 'n Mens weet nooit wie kom onverwags in jou huis nie! Hoop maar net hulle takseer my nie te veel op my huis se baadjie nie!! Na wat jy geskryf het, hoop ek ook maar die kruis teen die sitkamermuur en die leesstof wat rondlĂȘ getuig iets van Wie se kinders ons is?

    ReplyDelete
  5. Hmmm, hier noem jy nou 'n ding -- en 'n belangrike ene!

    ReplyDelete