Saturday, July 3, 2010

Oor huise skoonmaak...




Ek het nooit gedink dat ek huise sou skoonmaak vir n inkomste nie. Deel van ons Afrika kultuur is dat as jy dit hoegenaamd kan bekostig, jy iemand huur om vir jou te werk - of om minstens die stykwerk vir jou te kom doen...
Die kalf was in die put en so aanvaar ek n pos as toesighouer oor n span vroue wat huise skoonmaak.
Glo my, ek het nuwe ontsag vir elke vrou wat haarself n skoonmakster noem! Om jou eie huis skoon te maak is een ding, om n iemand anders se vuil huis skoon te maak is soms... wel, kom ek vertel van n paar uiterstes...

DIE OPGAARDERS:
Een ou oom is n volbloed opgaarder. Sy huis is vol gepak - ou bokse klere, tydskrifte, koerante... you name it - dit is daar.

DIE PERFEKSIONISTE:
Hierdie man en vrou woon in n praghuis - hoog gerang in die weermag (albei van hulle) Hulle huur ons vir n twee uur diens per week - en elke week wonder ek hoekom hulle iemand betaal om die huis skoon te maak - NIKS is ooit uit sy plek nie - daar is nooit eers n koffie koppie in die opwabak nie.
Aan die ander uiterste van die spektrum werk ons vir n jong paartjie waar die vrou ook n perfeksionis is. Maar aangesien sy nie haar huis in die toestand kan hou waarmee sy tevrede is nie - laat sy dinge eenvoudig gaan... elke week moet ons lettrlik al die klere van die vloer af optel ( soos in die kas is leeg, die vloer is vol...

DIE SJIRUG:
se huis is die mekka van stapels... hulle huis is nie onnatuurlik deurmekaar nie - buiten nou vir die stapels ongeleesde pos en tydskrifte - Wat my daar dronkslaan is hoe BAIE goed hulle het... drie yskaste, vier cd spelers, drie rekenaars...

Soms wonder ek wat ons skoonmaaksters tuis vir hulle vriende/familie se oor ons huise en ons gesinne...
Soms gebruik ek die geleentheid om vir die gesinne te bid terwyl ek hulle huise skoonmaak. Ander kere wanneer n huis rillings teen my rug afstuur - en dit vir my moeilik is om te bid, dan sing ek net saggies my gunsteling koortjie terwyl ek werk in die huis...

Huis skoonmaak hou my nederig en ongelooflik dankbaar! Ek is veral dankbaar vir die nuwe insig in die wereld van skoonmaakpersoneel...

15 comments:

  1. Hi Nims, dis 'n interessante inskrywing en ja, dit sal my ook met nuwe oe na my eie huis laat kyk. En endag sal die mense ook weet dat jy vir hulle gebid het. Dis so kosbaar. Ons moet almal luister. Ek kan so geirriteerd raak met die mense wat om en saam met my werk. Ek sal jou voorbeeld volg en vir hulle bid. Dankie vir jou en sterkte vir die werk.

    ReplyDelete
  2. Dagse Nimsi, Weet jy een ding wat ons hier in OZ gesien het is mense gee nie om as jy werk doen wat beskou as neederig nie. Toe ons hier aangekom het (met niks geld) het ek buite ons woonstel blok gevee en skoongemaak, vir geld. So dinge is nie altyd maklik vir almal nie. Dis eerlukke werk. Groete Rina

    ReplyDelete
  3. ((((Charmaine)))) dankie vir jou inloer, ek kry maar min tyd vir blog deesdae. Hoop dit gaan goed met julle daar in die hitte. Gee my liefde aan almal asseblief. xxxxxxxxxxxxxxx

    ReplyDelete
  4. Hallo Rina, baie dankie vir jou inloer, Ek is oneindig danbaar vir hierdie werk en maak elkeen van my kliente se huise skoon met dieselfde passie en liefde as wat ek my eie huis mee skoonmaak. Inderdaad is dit eerlike werk. Los gerus meermale n kommentaartjie hier by my. lekker bly
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Ek ken jou nog nie vreeslik lank nie maar die krag en kalmte wat ek in jou teenwoordigheid ervaar gee my telkens nuwe moed. Dankie vir die vrede wat jy die afgelope drie dinsdae in my huis agterlaat.

    ReplyDelete
  6. Ek kan net dink dat dit baie interessant is om so in ander se huise te wees. Jy's 'n groot voorbeeld vir ons almal Nims. Liefde

    ReplyDelete
  7. Annon, ek doen 7 huise op n dinsdag... maar ek is bly as my teenwoordigheid in jou persoonlike spasie vir jou iets goeds beteken. Tot dinsdag dan...

    ReplyDelete
  8. Hello Sandra, ja ek leer oneindig baie...

    ReplyDelete
  9. Dit is nou heel interesting! ... ek doen ook al my huiswerk self en dit is nie kinderspeletjies nie! Wou ook al daaraan dink om 'n diens soortgelyk soos joune te gebruik, maar is bangerig vir te klomp vreemde mense in my huis. Geniet jou werk!

    ReplyDelete
  10. Dankie Paula. Jy kan gerus van so n diens gebruik maak vir die "swaar" werk soos vensters en mure.

    ReplyDelete
  11. Dit is interessant! En so waar! Ek dink n mens se hius se baie van die een wat daar bly!

    ReplyDelete
  12. Hi Nimsi! Ek is baie bly vir hierdie deur wat vir jou oopgegaan het en dat jy dit met soveel entoesiasme aanpak! Stem saam met Sandra, jy is voorwaar 'n wonderlike voorbeeld vir ons!

    ReplyDelete
  13. Sonja:
    Inderdaad vriendin!

    Thea:
    Ag vriendin, ek sou ook graag iets anders wou doen met meer vergoeding, maar dit is wat die Vader my gegee het en daarom doen ek dit met Liefde.

    ReplyDelete
  14. Hi Naomi,

    ja hier is ek en dankie vir die invite. Ek wil graag vir jou se dat Dawid skape opgepas het voordat hy as koning geslaf was. Jou skape oppas is binnekort verby en dat kan jy verwag dat jy bevordering en annstelling sal ontvang. Hoe moed en laat die Vader toe om klaar te maak wat Hy begin het. PASS THE TEST MY FRIEND. Die seisoen het gedraai.

    Shalom

    Robert

    ReplyDelete
  15. Hallo Robert, dit is n voorreg om jou hier welkom te heet. Dankie vir die seen wat jy oor my uitspreek en ek se AMEN daarop. Kom loer gerus gereeld en los asseblief n komment as jy hier was.

    ReplyDelete