Sunday, August 22, 2010

Hoe Hartseer...



Sy was skatryk...
En sy wou dood wees.
n Tweede huis in Waterkloof, een in die Wildernis en n Bosveldplaas in Rustenburg.
En sy wou dood wees.
Sy het pille gedrink.
Die dokters kon haar red.
Sy het na my gevra - twee ure lank het ek geluister na haar verhaal, en ten slotte het sy gehuil:

"Ek sou alles prysgee, alles prysgee, as ek maar net n bietjie geneentheid en vriendskap kon ken."

Jy kan gelukkig wees in n hut met liefde en diep ongelukkig sonder liefde in die swiergiste villa, versier tot teen die plafon...

n Hut en n hart is al wat jy nodig het om gelukkig te wees.

GELD MAAK MENSE ARM!

3 comments:

  1. Dit is so ware woorde...liefde is die heel belangrikste in mens se lewe maar bo alles is dit die liefde van God wat ons moet ervaar en beleef....

    ReplyDelete
  2. Net as mens dit toelaat Nims.

    Liefde vir jou!

    ReplyDelete
  3. Is dit nie hartseer nie? Die geheim van gelukkige rykes is dat hulle, hulle rykdom met ander deel - die ou wêreld het baie geld nodig! Maar as jy te veel vir jouself hou, wat het jy? Ek bid vir hierdie arm ryk vriendin - mag sy tog liefde en vriendskap ter wille van haarself (en nie haar geld nie) ervaar.

    ReplyDelete