Monday, November 17, 2008

Het jy geweet?

Het jy geweet van die volgende wonderwerke van God se skepping?

* Die kolibrie se eiers is kleiner as die uitveer aan die agterkant van n potlood.
Sy nes is skaars groter as n malvalekker. Sy delikate vlerke bestaan uit een gewrig wat vrylik beweeg en is dus styf. Hy kan sy vlerke agtertoe trek om boontoe en ondertoe te vlieg, sowel as vorentoe en agtertoe. Sy klein vlerkies kan 35 keer per sekonde klap.

* Die mossie is net sewe en n half sentimeter lank. Hy sing permanent. Sy lieflike sang kan gehoor word self as die dag op sy warmste is. Hy bemeester liedere wat hy op n jong onderdom by sy ouers geleer het. Die jong voeltjie weet van hulle geboorte af dat hulle hul ouers moet volg. Hulle gene stel hulle in staat om altyd die heel belangrikste klank te herken: die roep van hulle ouers.

* Die takbok moet tot die einde van die bos stap om kos te kry, want dit is daar waar meer sonlig die regte plante laat groei. Om hom te beskerm het God die takbok geskape met vier kamers in sy maag. Op hierdie wyse kan hy net so vinnig eet as wat hy kan sluk, en so die eerste kamer volmaak. Later, in n veilige gebied, kan hy dan rustig kou en nou drie keer herkou, sodat elke laaste bietjie voedingswaarde gebruik word.

*n Blouwalvis ontstaan in sy ma se baarmoeder as n klein eiertjie. Kort na sy geboorte groei hy so dat hy byna 30 000 kilogram weeg. Sy daaglikse dieet bestaan uit ongeveer 4000 kilogram see-versnapperings. As hy nie in gevangeniskap is nie, swem die blouwalvis gemiddeld 160 kilometer per dag. Hy kan tot 30meter lank word en meer as 150ton weeg.

*n Berg is groter as miljoene der miljoene walvisse. Al ons berge saam is maar n klein kolletjie op die aarde. Die son is 100 miljoen keer groter as die aarde. Al is dit ongeveer 155 miljoen kilometer van ons af, kan die son ons steeds brand. Daar is sterre wat miljoene kere groter is as die aarde. Duisende miljoene van daardie sterre vorm deel van die ultra-groot, magtige, kolkende melkweg. Biljoene sulke sterrestelsels vorm die heelal.

God is groter en magtiger as al hierdie dinge. Hy het dit geskep met perfekte tydsberekening en sinkronisasie. Hy waak nie net oor hierdie uitgestrekte skepping nie, Hy waak ook oor elke een van ons.

3 comments:

  1. Is dit nie spesiaal nie! Alles in die kleinste, fynste detail, so ook ons.

    ReplyDelete
  2. Nimsi daar sĂȘ jy nou net wat ek nog altyd sterk aan glo en verkondig!

    God is groter en magtiger as al hierdie spesiale dinge. Ons het nie 'n idee nie, ons verstand is ook te klein om dit te verstaan!

    Dis asemrowend!

    Dankie vir 'n mooi inskrywing!!

    ReplyDelete
  3. Sjoe -- dis die wonderlikste waarhede! Dankie daarvoor.

    (Ek is bly ek het jou blog opgespoor!)

    ReplyDelete