Tuesday, November 25, 2008

Hou jou ou tang!

Snaaks hoe mense altyd deur die eeue heen geneig is om stories te vertel om n vuurtjie.
Sit ons so n tydjie gelede by my jare lange vriendin van die plaas om n vuurtjie en vleis braai; toe die stories begin...
Kort voor lank het die manne die storie-vertellery oorgevat en elkeen het n verhaal van hoe hulle motor met hulle op die snaakste plekke gaan staan het...
Vertel een van die bure van n verhaaltjie wat sy oupa graag vertel het...

Sy oupa, so vertel hy - het jare gelede teenspoed met sy motor in die Karoo opgetel, stap toe na n nabygelee plaashuis om n tang te leen. Dit was n ongelee, lomerige middaguur en hy het gereken dat die plaasboer aan hom sou vra: "My magtie, kerel, wat kom foeter jy die tyd van die dag hier aan as ek n bietjie skuinsle"? Dan sou hy antwoord: Ek kan nie help nie Meneer,my motor het my in die steek gelaat. Dan sou die plaasboer uitvaar: Nou vir wat ry jy dan met n motor wat jy nie kan vertrou nie? En dan sou hy antwoord: Meneer, ek het my motor laat nasien, maar...
Teen die tyd toe sy oupa by die plaashuis aankom, was hy letterlik en figuurlik goed warm. Toe hy aanklop en n fris, vriendelike boer die voordeur oopmaak, snou sy oupa hom toe:
Hou jou vervlakste ou tang!

Ek reken die sielkundiges noem dit projeksie. Jy dig jou eie gevoelens aan n ander persoon toe.
Hoeveel van ons daaglikse rusies, misverstande en ongelukkighede spruit voort uit projeksie?
Dalk was die buurvrou nie vir my vies, toe sy vanoggend so onvriendelik gelyk het nie-dalk het sy en haar man rusie gehad, of hoofpyn.
Dalk was die nors verkoopsdame maar net voetseer na n dag se staan.
En dalk... is ek sommer buitendien hopeloos te sensetief!

7 comments:

  1. Whahaha oulike storie!

    Dis waar ek is soms net te sensitief, ek moet leer om te ontspan!

    ReplyDelete
  2. Lekker geskater -- nes ons is, né, lees so maklik ons eie gedagtes in 'n situasie in.

    En soos Wippie sê: kom ons ontspan en vee almal se onvriendelikheid en norsheid met 'n glimlag weg.

    ReplyDelete
  3. Hallo mariki, baie welkom hier by my, ek is so bly jy het lekker gekuier, baie dankie vir al die pragtige kommentaar, hoop jy sal gou weer kom inloer. O jongie ek twyfel maar baie dae aan my talent!
    Naomi
    x

    ReplyDelete
  4. Muriel, my dierare en getroue ou vriendin, dankie vir al jou kuiers hier by my die jaar, ook vir die blogtoekenning wat jy aan my gegee het. EK WARDEER JOU!
    Naomi
    x

    ReplyDelete
  5. Jy verdien daardie toekenning dubbel en dwars!! (Ek weet, want ek het sopas jou blok van hoek tot kant deurgelees -- en weet jy hoe laat in die nag is dit hier by my?!)

    Geluk, hoor.

    ReplyDelete
  6. Baie dankie mariki, en lekker slaap as ju uiteindelik daarby uitkom
    Naomi
    x

    ReplyDelete
  7. Hello Nimsi

    Daar is vir jou nog 'n toekenning!

    http://onderdiemaanensterre.blogspot.com

    'n Baie mooi feesseisoen vir jou en jou geliefdes!

    Jy is vir my net so spesiale blogvriendin!!!

    Mooi bly
    x x

    ReplyDelete