Tuesday, November 11, 2008

Heup - Heup - Hoera

Hierdie verhaal gaan oor die oom se ouboet, hulle is net die twee kinders en baie na aan mekaar. Ek se altyd; die oom het net een HERO en dit is sy ouboet!
Omdat ons troetelnaam vir hom "Oom Petrus" is, sal ek so na hom verwys in hierdie verhaal.

Oom Petrus se verhaal, of liewer hierdie verhaal begin by die twee motorbotsings wat Oom Petrus kort op mekaar gehad het so bietjie meer as n jaar gelede...
Altwee hierdie insidente was baie onverwags en van agter af, dus kon Oom Petrus nie veel doen om dit te vermy nie...
Eerste botsing gebeur by die tolhek, waar n bus alles wat voor is verder vorentoe skuif... Genadiglik is nie Oom Petrus of een van sy drie passasiers ernstigbeseer in hierdie voorval nie, (of altans so het ons gedink)
Die tweede botsing vind plaas by n drie rigting stop waar die ander motoris op daardie saterdag middag lus voel vir stampkarre ry en vir Oom Petrus en skoonsus skoon uit hulle sitplekke uit stamp van agter af... weer se ons dankie, geen ernstige beserings nie...

Kort hierna begin Oom Petrus se pyn...In sy heup... Dokters kyk na sy rug maar kry niks wat hierdie soort van intense pyn kan veroorsaak nie. Is Oom Petrus nou nie juis van die kleinserige soort nie, en toe hy se hierdie pyn is erg, toe weet ons almal: DIT IS SEER!
En so loop Oom Petrus vir n jaar met hierdie pyn...
Baie dae kon ek sien; die man "suffer"
Dapper stap hy voort, doen sy normale ding; verhuis selfs twee keer, help tussenin nog vir kleinboet verhuis en toe moet hy nog help om seun en skoondogter ook te vehuis na swaziland.
En ek kom meer en meer agter hoekom hierdie man sy kleinboet se HERO is...
Maar ons wat hom ken kan sien: NIKS IS REGTIG MEER LEKKER NIE, DIE PYN OORHEERS SOMS SY HELLE DAG!
Intussen probeer Oom Petrus talle opsies:
*Gewigsverlies
*Loophulp met n kruk
*Medikasie... en nog Medikasie

Einde ten laaste sien Oom Petrus een van die groot manne in die stad wat spesialiseer in heupe.
Heupvervanging - dit is die allerlaaste uitweg, maar Oom Petrus stry nie eers nie want nie eers die daaglikse pyninspuitings bring nou meer veel verligting nie. En so word die operasie bespreek en talle toetse ter voorbereiding gedoen...

Heupvervanging word gedoen wanneer gewrigsiektes soos osteo-artritis of beensiektes soos afsterwing van beenweefsel weens n gebrek aan bloed by mense voorkom. Die heup is n holbolgewrig, as daar n gebrek aan is kan die dybeen se kop doodgaan en verkrummel.

Die prostese wat hulle gebruik by n heupvervanging bestaan uit twee dele. Om die prostese in te plant word die dybeen se kop afgesaag en n prostese in die murg van die been ingesit, die tweede deel, die bakkie, word dan bo-op gesit.
Die prostese kan of aan die ligaam vas gesement word - of - sementloos - die liggaam groei aan die prostese vas.
Verskillende soorte prosteses kan gebruik word, afhangende van die probleem en die persoon se ouderdom. Metaal soos titanium of kobalt-chroom, keramiek of n soort plastiek kan gebruik word. Sjirurge maak gebruik van x-straal plate om n prostese vir die spesefieke persoon te maak. Beplanning van die operasie word so akkuraat as moontlik gedoen.

Oom Petrus is nou drie weke gelede geopereer en doen wonderlik goed. (op hierdie punt wil ek net graag noem dat hy met baie liefde en geduld tuis deur skoonsus versorg word) Hy loop nog met krukke, maar dit is net vir veiligheid. Oom Petrus vertel dat die versil voor en na die operasie-hoe die pyn verdwyn- ongelooflik is...
Dit is n groot operasie en duur tussen n uur en twee uur 20minute. Die nasorg by hierdie operasie is baie baie belangrik en die sukses van hierdie operasie hang grootliks hiervan af.
Na die operasie was Oom Petrus sowat n week in die hospitaal en het hy fisioterapie ontvang. Die eerste ses weke is krities. Hy moet dan pal met twee krukke loop, en Oom Petrus mag nie...
*Sy bene by sy kniee kruis vir +- 8weke nie
*Sy knie hoer as sy heup lig nie
*Vooroor leun terwyl hy sit of gaan sit nie
*Meer as 90 grade by sy middel buig nie
*Op enige van sy sye slaap nie
Daar is ook altyd in hierdie tydperk die gevaar van diepaartrombose (voorkomend dra Oom Petrus spesiale kouse en moet skoonsus hom daagliks inspuit) infeksie of sepsis.
Maar die goeie nuus is dat daar tans n 99% suskessyfer op hierdie operasie is

Oom Petrus; ons almal se saam met jou HEUP - HEUP - HOERA!!!

Filippense 4:19-20
En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien...

Hemelse Vader, ek loof U dat U so ryklik in elkeen van ons fisieke en geestelike behoeftes voorsien, dat daar heeltemal niks is wat ons kortkom nie. Baie dankie vir die omvang van U genade in ons lewens.
Amen

5 comments:

  1. Sterkte aan oom Petrus, ten minste gaan hy nie meer pyn hĂȘ nie!

    x x

    ReplyDelete
  2. Dis wonderlik dat die operasie die pyn soveel verlig het!

    ReplyDelete
  3. Baie dankie jy het alles so pragtig raakgevat. Die herstel periode is sekerlik die belangrikste van hierdie operasie. Jy moet jouself oppas en die voorskrifte volg om volkome herstel te verseker. My dank aan my Hemese Vader dat Hy my tot hier gedra het. Dit gaan uitstekend met my.
    Oom Petrus

    ReplyDelete
  4. aan om petrus; my pa is 63jaar oud en het in augustus vjaar n heupvevangibg op gehad in sunginhill hosp, hy herstel baie stadig kan nog nie sonder sy krukke loop nie en het regtig nog pyn, het ook trombose in sy been gehad 6 weke na op, waar is oom se op gdoen en deur wie, wil graag my pa vat vr n 2de opinie'
    Dankie
    hester

    ReplyDelete
  5. Hester,
    Jammer om te hoor dit gaan nie so goed met jou pa nie. Ek sal met graagte die inligting aan jou verskaf as jy my e-mail by vasti@vodamail.co.za
    Groete
    Oom Petrus

    ReplyDelete