Thursday, November 20, 2008

Ma se nuwe tydskrif

Omdat niemand die afgelope paar maande kan tred hou met n adres vir ons nie, ontvang ek gister n uitnodiging na willempie se troue per e-pos.
Hierdie verhaaltjie is so 15jaar gelede aan my vertel deur willempie se ma; ons het saam gewerk en hierdie verhaaltjie bring na al die jare steeds n lekker lag vir my...

Ma, se Lena se seuntjie: Ek het gelees dat getroude mense min seks moet he. Het Mamma en Pappa min of baie seks in julle huwelik?
Byna laat Lena die duur pastaskottel val.
In watter boek staan daar sulke dinge? vra sy met n wurgstem...

In ma se tydskrif: die nuwe een. Hy vat toe ook sommer vlam. Hulle se dis veral mans wat probleme met seks het. Het pappa probleme daarmee ma?
Lena vergeet skoon van die broodplank wat onder die warm pastaskottel moet kom, en plak die warm skottel net so op die kamma hout werksoppervlak neer!
Ek dink nie dat seuntjies van jou ouderdom sulke artikels moet lees nie, se Lena
Hoekom nie?
D-dit besoedel julle gees. Dit maak julle vroeg ryp, vroeg vrot.
Maar ek hou daarvan om sulke goed te weet - se die kind.
Mamma moet asseblief met Pappa daaroor praat. Hulle se te veels seks kan maak dat mans hartaanvalle kry.
Ek dink ek kry sommer nou een se Lena: Bring daardie tydskrif hier. Ek kan nie glo dat enige redakteur so onverantwoordelik kan wees om die soort goed in n sogenaamde gesinstydskrif te plaas nie!

Ek gaan probeer om sonder seks te lewe se die kind met die wegstap. As seks my my lewe gaan kos, gaan ek veg daarteen.! Hy klief die gespanne atmosfeer en die boontjiesopdik lug met sy linkerhantjie en gee n sprong in die Oosterse selfverdedigingsidioom.
Brrringgg daardie tttydskrifff verloor Lena haar selfbeheersing!

Hy kom al slaplyf-slenterend terug. hierso ma se hy en hou die tydskrif na haar toe uit... Kyk net hoe n wrak lyk daardie man op die foto!
Die opskrif, vertel Lena my was:
Pasop! Stres is skadelik vir die huwelik!

Elke donker uur het darem sy silwer nabetragting het sy by wyse van afsluiting gese.
Gelukkig het hierdie insidentjie tussen my en Willempie plaasgevind... en nie tussen Grootwillem en Willempie nie.
Grootwillem is mos nie een vir sekspraatjies nie!

1 comment: