Monday, June 22, 2009

My bondeltjie Liefde

Kyk net hoe groot het ek geword Tannie Charmaine en Tannie Sandra.
My mense mamma se heeldag ek is die liefste dingetjie wat lewe, en sy soen my seker seshonderd keer op n dag!
Ek bly baie lekker hier in Krugersdorp.
My twee seuntjie maaitjies het al vir my n klomp speelgoed gebring en my dogtertjie maaitjie stoot my graag in haar pop se stootkarretjie...
Ek sal gereeld van my laat hoor, maar intussen moet julle almal maar lekker lees hier by my mense mamma se plekkie.

13 comments:

  1. Die mannetjie het grootgeword, lyk al amper na 'n "hondjie" :-). Ek kan sien hy word opgesoen en bederf. Dankie dat jy ons was Nimsi. Geniet hom

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsi,
    Hy is baie oulik.
    Groete

    ReplyDelete
  3. Sandra,
    glo vir my vriendien hy word deur elke inwoner van hierdie gebou bederf...ek moet net keer vir die eetgoedjies,ek is maar skrikkerig daarvoor.

    ReplyDelete
  4. Oom Petrus,
    ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar hy is klaar stout oor en agter jou kleinboet aan...
    die man lyk my is n magneet vir diere!

    ReplyDelete
  5. Ag, my dierbaarhied tog -- kyk daai gatseggie!!

    Maar ek moet sĂȘ, ek sien die bekkie is platgesoen....

    ReplyDelete
  6. Ag is ek dan nie die mooiste ou brakkie nie tannie mariki?

    ReplyDelete
  7. Nou wie kan nou nie lief wees vir so cute dingetjie nie!!

    ReplyDelete
  8. Muriel,
    hierdie ou dingetjie is werklik met God se hand vir ons uitgesoek! Hy is net een bondeltjie liefde en vreugde!

    ReplyDelete
  9. Nims, hy is pragtig en 'n baie gelukkige hondjie om so 'n huis te he. Dankie vir die update... so baie bly jy geniet hom

    ReplyDelete
  10. Charmaine,
    Hy is klaar parmantig hoor, weet beslis al wie hoort in die huis en wie nie!

    ReplyDelete
  11. Hy's pragtig Nimsi! Kan sommer sien hoekom jy hom heeldag wil opsoen!!

    ReplyDelete
  12. Thea, jy sal nie glo hoe baie geniet ek die ou dingetjie nie hoor! Hy volg my oral en ek moet maar mooi trap.

    ReplyDelete
  13. LoL, sy eie stootwaentjie. Ag hy is te pragtig hoor!

    ReplyDelete