Tuesday, June 30, 2009

Kalmte


God, skenk my die kalmte om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om die dinge te verander wat ek kan en die wysheid om te weet wat die verskil is.


Hemelse Vader,
Ek bid in hierdie oggend dat U vir my die kalmte sal skenk om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek wel kan en die wysheid om die verskil tussen die twee te ken.
Maak asseblief die innerlike onrus wat so deel van my geword het stil en vervang dit met U vrede en kalmte.
Amen.

9 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Sterkte daar vir julle in hierdie tyd
    Groete

    ReplyDelete
  2. Ek volg jou inskrywings gereeld en put soveel krag uit hierdie blog uit, dit is die eerste keer dat ek n kommentaar los en hoop dat jy vandag krag hieruit kan put.
    God sien jou daar in jou wereld waar jy leef, lag, liefhet, huil en ook stress.Jy moet onthou Hy leef elke sekonde saam met jou.
    Waar ek hier alleen in my kantoor voor die rekenaar sit, voel ek jou hartseer aan, en wil vir jou verseker jy is nie alleen nie, ek sal vir jou bid.

    ReplyDelete
  3. Nims, is daar enigiets waarmee ek kan help? Skryf asseblief as jy wil, hoor.

    Bid steeds vir jou.

    ReplyDelete
  4. Die lewensreis sluit ompaaie in, gebroke drome, verkeerde afdraaie, selfs doodloopstrate. Maar op Sy tyd tree God in en gee wysheid en rigting. Mag Hy vandag in beheer wees van jou lewe en die enigste rigtingwyser wees!

    ReplyDelete
  5. Hi Nimsi
    Hoe het ek so agter geraak op jou blog? Nou lekker gelees en lekker gelag - mal oor jou fotos en prentjies. Ek bid vir jou vir kalmte - en vir my ook: ek het vanmiddag my hele houertjie met kredietkaarte verloor. Moes dit by die Metro winkel gelos het, maar die kassiere weet van niks. Het dit daar gebruik, maar 'n uur later by 'n volgende winkel was dit net skoonveld. Ai tog.

    ReplyDelete
  6. Ek bid vir jou ((((Nims))) Ek stuur vir jou e pos!!

    ReplyDelete
  7. Nimsi bietjie laat om te comment het so bietjie gesukkel maar ek bid vir jou (julle). Sterkte!
    Liefde

    ReplyDelete
  8. ((((Nims)))) ek het net gou kom inloer om te sĂȘ, ek dink aan julle en hou julle nogsteeds in my gebede.
    Liefde

    ReplyDelete