Friday, June 12, 2009

Poedingapostel


n Poedingapostel is n aanhanger van die poeding! Vir hom is n maaltyd n wenteltrap van gewone ou eet na n toring van voleindiging - die poeding.
Vir n poedingapostel is poeding eintlik onvervreembaar deel van sy lewensbeskouing.
In ons huis is Willie die hoepriester van alle poedingapostels! Vir Willie is niks so lekker soos n lekker poeding nie.
Maar - dan moet dit n poeding wees, nie sommer n nagereg nie.
Hy het sterk opvattings oor wat poeding is en wat nie...
Vrugte is nie poeding nie, of dit nou vars vrugte, vrugteslaai, gestoofde vrugte of ingelegde vrugte is - vrugte is vrugte!
Roomys is ook nie poeding nie!
En die mens wat meen dat jellie poeding is - hoort in die hospitaal.
Nee, in Willie se oe is n poeding n gereg van soliede omvang en durabele kwaliteit wat n maaltyd met waardigheid en finaliteit afsluit.
Hy hou van... melkpoedings, gebakte poedings, gestoomde poedings.
Hy hou van... pannekoek, poffertjies en terte.
Hy hou van... vla vat met eiers gemaak is, van kaneelsous, wynsous, roomsous...
Bo alles hou hy van twee poedings liewer as een!

Simson moes darem maar lief gewees het vir soetigheid. Kyk hoe het hy hom verlustig in die heuning wat hy uit die dooie leeu uitgehaal het.
So n nagloed het hierdie heuning by hom gewek dat hy glad n raaisel daaroor uitgedink het om aan die dertig twyfelagtige vriende te stel wat die huweliksmaal vir die vrou uit Timna kom bywoon het.
Die heuning het duidelik so n indruk op hom gemaak dat hy selfs op daardie uithangerige huweliksmaal nog daaraan gedink het...
En dis daardie Simsoniese heuninghonger, waaraan n mens n poedingapostel kan uitken!

15 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Haleluja vir 'n ordentlike gebakte poeding.

    Bly jy's terug

    Groete

    ReplyDelete
  2. Uitstekend!! Het nou so lekker gelees, dankie Nims.

    (Hoe gemaak met jou poedingapostel se afgeskaalde dieet, dan?)

    Vir my is die kersie op die koek...ek bedoel poeding, dat jy weer terug is!

    ReplyDelete
  3. Hallo Oom Petrus
    Het skoonsus nie dalk n nuwe reseppie of twee daardie kant nie?

    Lekker naweek

    ReplyDelete
  4. Hello mariki,
    daar is nou so n groot verskeidenheid van diabetes produkte op die mark - en dit maak dinge baie makliker vir my en skoonsus! Ja... die oom wat so hard Halleluja hierbo is self op n afgeskaalde dieet!
    Maar ek snoep hom maar nie te erg op sy poeding nie - hy rook nie - drink nie - en hou andersins baie mooi binne die reels!

    Mooi naweek vir jou

    ReplyDelete
  5. Ja nee baie van daai poedings sal op my lysies ook wees.

    ReplyDelete
  6. O ja Nims, ek is ook lief vir poedings... groot gunsteling is Sous kluitjies en lekker "arm -mans" poeding met room... :-) njam... ek het met die poeding grootgeword. dis 'n lekker een om te bak en maklik, maar ek is bevrees as mens nie suiker kan eet nie, is die een nie 'n goeie idee nie Dalk moet ek jou die resep gee.

    ReplyDelete
  7. Sandra
    Nooit gedink daar bestaan soveel poedingapostels nie...


    Charmaine,
    gooi daai reseppie vriendin!
    ek het al geleer hoe om die suiker inhoud van n resep te "toor"

    ReplyDelete
  8. Hi Nimsi! Ons hou maar bietjie die skaal dop op die oomblik maar malvapoeding met vla is een van ons groot gunstelinge in die winter. 'n Wafeltjie met stroop en room is ook nie te versmaai nie! My ma sal maklik haar poeding voor ete al eet! 'n Regte soettand!!

    ReplyDelete
  9. My kleinnig Ethie nooi soms mense oor net vir die poeding - na 'n lekker ete is daar soms nie plek vir poeding nie, en daar is sulke LEKKER poedings, dat sy soms net die poeding maak. Ek sal ook soms as ons uiteet, net die koek eet! Ek is permanent "op dieet", maar slaan nooit Sondag se poeding oor nie - seker die dat ek maar permanent moet "dieet" hie-hie.
    Dankie vir insig oor Simson...

    ReplyDelete
  10. Hallo Miekie
    Jy en Willie sal vreeslik lekker saameet! Ons is ook maar permanent op "dieet" tot sondae toe...

    Lekker week vir julle

    ReplyDelete
  11. Nimsi, kyk jong, ek dink dat Willie en my man darem maar lekker gaan kuier oor 'n poeding, hy glo ook dat dit 'n gebakte poeding moet wees, nie die jellie's en vrugteslaaie waarvan ek so hou nie!

    So, hiermee verklaar ek dan my man ook 'n poedingapostel :)

    ReplyDelete
  12. Thea, ek het ook maar n vreeslike stryd met die skaal saam jong, maar Willie steur hom maar min aan sulke dinge as dit by n poeding kom! daar kom darem maar regtig min poedings by n malva poeding ne!

    ReplyDelete
  13. Zee,
    dan moet ons n plan maak om n poedingdag vir die manne te reel.

    ReplyDelete
  14. Mmmm ja dit is soos my manne ook na poeding kyk!! Regte egte gebakte poeding. Deel bietjie van jou reseppies uit Nims!!!!
    x x

    ReplyDelete
  15. (((Muriel)))
    Ek plaas graag n paar reseppies.
    Hoe gaan dit met jou?

    ReplyDelete