Tuesday, June 16, 2009

Piet se verhaal

Hy is hoog op in die polisie. n Generaal of iets. Kom ons se sy naam is Piet, en hy soek iets in die lewe om aan vas te hou.
Sy seuns is weg uit die huis uit, elkeen in sy eie rigting, pynlik anders as wat hy as pa dit sou wou.
Sy vrou is dapper en daar, maar sieklik. En werk het lankal vir n wit man opgehou om n plesier tewees, dink hy.
Watter sin het sy lewe? vra hy vir sy dokter vir wie hy oor sy maagkrampe en hoofpyne gaan spreek.
Toe Piet met verlof is, kry hy een oggend sy hondjie dood in sy mandjie. Dis n verlies erger as wat Piet kan dra. Dae lank sit Piet net in sy stoel, sy nat gesig in sy groot hande.
Net voor sy verlof om is, stap Piet die oggend na waar sy hondjie altyd onder die boom gele het. Voor hom spring n paddatjie. Hy merk dat die padda se een been af is. Voor hy mooi weet hoekom hy dit doen, vang Piet die paddatjie en sit dit in n hok.
Dan bel hy rond om uit te vind wat paddas eet. Todat hy n vlieg gevang kry, gee hy die paddatjie solank brood en water.
Sy vrou stel belang en sny stukkies maalvleis op. Hy koop viskos, so asof dit n goudvissie is. Hy sit n groot klip in die paddahok. Hy maak seker daar is nat en droog vir die padda om in te lewe.
Die paddatjie word beter. En Piet word heler.

En dit is dan ook wat Piet doen noudat hy vroeg afgetree het...
Hy gee praaitjies oor hoe die versorging van diere mense weer gesond kan maak. Veral mense vir wie die lewe sinloos lyk.
Hy vertel watter goeie geselskap diere vir senior mense kan wees. Hy hou selfs diere aan wat hy tydelik of permanent aan mense gee wat die diere goed sal versorg, en wat dan op die manier self emosioneel goed versorg word...

5 comments:

  1. Hallo Nimsi

    Hierdie is 'n pragtige inskrywing en baie waar. 'n Diertjie verander jou lewe.
    Groete

    ReplyDelete
  2. Wat 'n inspirerende storie! Hoe waar tog! As 'n mens op 'n ander se nood kan fokus, kry die lewe vir jou sin. Diereversorging is seker baie goed, maar ek dink ook aan die baie mense wat hulp nodig het. Ek het lank vir P.C.M. (Pretoria Communinity Ministries) en daar is baie scope vir vrywilligers - bv. om kinders met huiswerk te help.

    ReplyDelete
  3. Partykeer maak daai "asempie" al is dit ook 'n diertjie 'n baie groot verskil.

    ReplyDelete
  4. SO waar, Nimsi. Veral vir diƩ wat dalk nie met kinders of ander noodhebbendes kan werk nie.

    ReplyDelete
  5. Hallo almal'
    baie dankie vir die kommentaar, ja sodra n mens op iets of iemand anders se behoeftes begin konsentreer, vergeet jy gou van al jou eie ou ellendes ne!

    ReplyDelete