Thursday, June 25, 2009

Twee dinge... Nee - Drie


"Twee dinge moet n mens klein aanleer om bedrewe te wees daarin" het n ou buuroom eenkeer met n vonkel in die oog gese: "En dit is dans en Engels praat"

En daarby wil ek voeg: n liefde vir lees...
Want van een ding is ek oortuig; as jy nie jonk leer lees nie, leer jy nie maklik later nie.
Eintlik moet n mens boeke leer liefkry nog voordat jy self kan lees.
In n tyd van oorwerkte mense is daar meermale nie meer tyd oor om te lees nie.
En dan het die televisie ook natuurlik sy kwota in n tydskaars lewe kom opeis, en mag daar nog minder leestyd, droomtyd, dinktyd en speeltyd wees...
Boeke is nie brekgoed nie, dis instrumente om jou gees en wereld te verruim, jou vlerke te gee sodat jy hoog, hoog bokant verontregting en vooroordeel kan uitstyg.
Die leesgewoonte kan ook dien as ontspanning, die opbou van nuwe kennis, die verbreding van lewensuitkyk en insig...
Tussen al my boekvriende, troon ook die Boek wat n lewenslange vriend is, wat ek elke dag opsoek, die onfeilbaarste raadgewer te alle tye...

9 comments:

  1. Die ou buuroom is nogal in die kol met daai stelling! :-) Ek is beslis ook MAL oor lees - ek lees my oë op aan blogs en boeke!! Stem verseker met jou saam oor die Boek - ek ontdek steeds elke dag gedeeltes wat my nuwe hoop gee en my opgewonde maak!

    Terloops... 'n oom van my wat lektor was in Engels het my die raad gegee om Engelse boeke te lees (toe ek so ongeveer 14/15 was) om my Engels te verbeter. Ek het nog nooit weer opgehou Engelse boeke lees nie maar ongelukkig sukkel ek nog steeds party dae om goed Engels te praat!! Moet darem byvoeg dat my punte vir Engels aansienlik verbeter het toe ek begin Engels lees het.

    ReplyDelete
  2. Ek's baie lief vir lees maar daar is min wat kom by Nelmari. Sy lees drie boeke op 'n slag en kan daarna uit hulle aanhaal of watter inligting mens ookal soek. Sy weet ook dis haar ma se swakpunt, dus word daar gereeld boeke "bestel" (hier kry mens mos nie baie wat jy van hou nie) en in vol reekse want wie wil nou uitmis.

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi,
    Om die "Boek" te lees, is soos om asem te haal, lewensbelangrik.
    Groete

    ReplyDelete
  4. Thea, lekker om jou weer hier raak te loop vriendin!
    Ek lees ook graag Engels maar moet erken dat my Engels ook nie juis wat wonders is nie... kan myself heel verstaanbaar uitdruk in Engels maar ai tog...

    ReplyDelete
  5. Sandra
    dan sal ek en Nelmari lekker saamlees, ek sal nou werklik nie 3 boeke gelyk kan lees nie, maar lees die lees ek.
    Sterkte met die hitte daar by julle, freezing hier by ons!

    ReplyDelete
  6. Oom Petrus,
    so waar ja!
    Gaan dit goed met julle?

    ReplyDelete
  7. Boeke, boeke, boeke!! Ja Nims ek is dol verlief op boeke en tydskrifte, seker my nuuskierige geaardheid. My hele huis is vol boeke en ek lees sommer so paar per slag, hang af waar in die huis ek is of natuurlik waarvoor ek lus is om te lees. LOL

    Maar ja ek het ook 'n "Spesiale boek" wat ek daagliks opsoek!

    Mooi bly
    x x

    ReplyDelete
  8. Hello Muriel
    Hoop jou griep is beter!
    Ek hoor Sandra se Nelmari lees ook so n klomp boeke op een slag...
    ek sal maar liewer nie probeer!
    Lekker naweek

    ReplyDelete
  9. Leesgenot -- ag, die bederf daarvan om 'n nuwe wêreld te betree met die oopslaan van 'n nuwe boek....

    ReplyDelete