Wednesday, December 19, 2007

Die lag in my oe

Die volgende verhaaltjie het ek so uit die perd se bek gehoor!
Ek sal dit oorvertel so goed ek onthou:
Met uit die perd se bek verwys ek hier na Tant Hettie.

So vertel Tant Hettie my een wintersoggend seker so 5,6 jaar gelede terwyl ek besig is om haar hare te kleur........

Ou Faan is nou nie n slegte ou nie, dis nou te se as jy nie met hom getroud is nie.
Deur harde werk en spaarsamig te lewe het hy n ou besigheidjie opgebou wat hom n redelike inkomste besorg het.
So het hy mettertyd n nuwe huis gekoop, by die gholfklub aangesluit en selfs lid van die plaaslike sakekamer geword.
By die 19de putjie was hy nie suinig om sy rondte drankies te betaal nie, en so is Oom Faan toe aanvaar in die gholfspelerskring wat die welvarende groep van die dorp ingesluit het.

Sy vrygewigheid het egter nie vir Tant Hettie en die huishouding ingesluit nie:

So vertel Tant Hettie het sy maand vir maand versigtig te werk gegaan met die huishoudelike rekeninge, maar elke maand die dag wat sy die maandelikse begroting aan Oom Faan moes oorhandig met angs en spanning tegemoet gegaan.
Oom Faan kon glad nie verstaan dat die gedurige styging in pryse, die kinders wat groter word, en selfs die nuwe buurt waarin hulle gewoon het, dit vir haar onmoontlik gemaak het om te verhoed dat die rekenings maandeliks styg:
En so het Oom Faan maand vir maand daarin geslaag om Tant Hettie skuldig te laat voel oor haar SPANDABELHEID!!!

Wanneer sy begin skelm word het weet ek nie, maar Tant Hettie het begin rekeninge wegsteek.......
en vir etlike maande daarmee weggekom....
Verstout deur haar sukses het sy selfs vir haar en die dogters n paar nuwe rokkies gekoop.....

maar soos die lewe maar is, moes die bom een of ander tyd bars, en toe dit gebeur het Tant Hettie vir die eerste keer in haar getroude lewe n pak slae gekry.......

Die volgende dag is Tant Hettie toe prokereur toe, n klag van aanranding is teen Oom Faan gele, reelings is getref om nwoonstel te huur, die kinders gevat en voorlopig by haar suster ingetrek...

Oom Faan op sy beurt was nie n ou wat hom deur n vrou laat rondstoot nie en het sy gholfbedrywighede rustig voortgesit soos altyd.....

Die volgende week is die woonstel van hoek tot kant uitgerus, klere vir haar en die dogters gekoop, en sommer vir die spite ook n goue horlosie, n string kunsperels en n borsspeld met klein robynsteentjies, alles op Oom Faan se rekening, haar suster en die se kinders is ook nie vergeet nie........
nadat sy n draai by die haarkapper gemaak het is sy terug woonstel toe en Oom Faan was n paar rand armer!

Nog voordat Oom Faan van die nuwe klomp skuld gehoor het is Tant Hettie se dagvaardiging op hom bestel.....
Genade het sy nie vir hom gehad nie! helfte van die boedel wou sy he, plus onderhoud vir die dogters bereken op die lewensstandaard wat beter by sy gholfvriende se bestaan gepas het as by sy eie.

Oom Faan was woedend!!!!!! slegs sy vrees vir die polisie en hangende aanrandingsaak het verhoed dat Tant Hettie n tweede pak slae kry!
Oom Faan plaas n kennisgewing in die koerant dat hy Stefanus Lodewikus Lotter, geen verantwoordelikheid aanvaar vir skulde aangegaan deur sy vrou Hendrietta Lotter, gebore Louw nie...... Maar na n besoek n gesiene en geleerde advokaat moes Oom Faan druipstert uitvind, hy was verantwoordelik vir die skuld aangegaan deur Tant Hettie voor die datum waarop die kennisgewing in die koerant verskyn het en was Tant Hettie in elk geval geregtig op die helfte van die boedel, dit sluit nou in die huis, meubels, motorkar, kontant, en die ou besigheidjie!
Al sou hy ondergang in die gesig staar Tant Hettie was geregtig op die helfte!!!!!
en Oom Faan het besef dat die ou Hettie erens tussen die daaglikse gesukkel en vrees gesterf het, en vir hom het sy al klaar n ander mens gelyk.....

Maar Tant Hettie se nuwe opwindinde lewe het ook maar nie lank gehou nie, die meisiekinders was nie gelukkig in die woonstel nie, hulle het verlang na die kat, die honde, die skilpad en hulle pa!!

Toe Tant Hettie terloops hoor van Oom Faan se vriendelikheid met die dorp se weduwee was sy
woedend!!!!

Vir Oom Faan was die lewe ook maar nie maklik nie, sy eie kos het hom nie aangestaan nie..... en namate Tant Hettie se eise bekend geword het, het hy sy finansiele posisie krities beskou en so het die onvermydelike gebeur:
Tant Hettie, die kinders, en al hul nuwe besittings is terug huistoe..........
Oom Faan was nie meer die man wat hy was nie maar wat kan n mens nou verwag in hierdie onregverdige land waar n man nie eens meer baas is oor sy goed en sy eie vrou nie!!!!

Die afgelope naweek het ek gaan kuier by vriendin en tweelingsus, so tussen die twee loop ek toe mos vir Oom Faan en Tant Hettie raak en sien ek weer dat Oom Faan na al die jare steeds nie die lag in my oe verstaan as ek na hom kyk nie..............

Tot n volgende keer...

No comments:

Post a Comment