Friday, December 21, 2007

Net n bietjie liefde

Ek word met die mooiste kaartjie uitgenooi na Jan se mamma se babatee partytjie:
Spesiaal afgelewer per hand deur Jan.

So dollie ek myself ekstra mooi vir die party vanoggend 10h00,
stap sommer die entjie om na Jan se huis en word luidkeels
deur hom by die tuinhekkie verwelkom,
aan die hand geneem en plegtig aan oupa Tokkie wat met sy koerant
onder die afdak sit voorgestel:
Se Jan:
Oupa dis Tannie Omie...........


Binne word ek weer deur Jan aan al die ander gaste voorgestel,
my plek word aangewys:
reg oorkant die twee oumas,
twee deftige dames moet ek se:
en kon ek nou nie help om hulle gesprek te volg nie,
Sowaar sit die twee deftige tantes hulle mans en bespreek.............

Mamma se ma kla:
Haar man sit vroeg aand voor die televisie en snork, sit sy skoene nie in die kas nie, week sy koekie in sy tee, en ergste van alles...... hy bestuur ingedagte!

Pappa se ma skuif reg op haar stoel, reg om te verbeter op ander ouma se klagtes:
Haar man nou weer kla sy:
le by vergaderings en kyk nooit eers televisie saam met haar nie, hy sit sy skoene in die verkeerde kas, sit sy mond nie aan haar tuisgebakte koekies nie, en hy bestuur so wakker dat hy vir elke ander bestuurder n kritiese opmerking het!

A ha! dink ek so by myself, julle tweetjies loop al jare rond met n beeld van die ideale man in julle koppe,
en daar is net een ideale man, die een wat julle nie mee getrou het nie.
Jammer hulle het nooit agtergekom alle mans is nie tydskrif, rolprent, of advertensie helde nie!

Tuis gekom sit ek my anderhelfte en bekyk en bedink.....
Hy is nou nie die soort man wat orgidee in sneespapier huistoe stuur of duur franse parfuum saambring nie.....
Maar hy kom roep my wel op geheimsinnige manier in die kombuis om aan my die eerste ryp appelkoos van die seisoen te wys, of die eerste roosknop vir my te pluk.....
Maar die heel belangrikste is dat hy my liefhet!

En net daar en dan sit ek vir ons tweetjies Andrew Lloyd Webber se:
Love Changes everything,
kliphard aan en gee hom n verrassingsdrukkie!

1 comment: