Monday, December 3, 2007

Vriendinne

n Vriendin is die tissue wanneer jy huil, iemand om hartseer mee uit te ruil, iemand wat luister as jy praat, n slim bron met tonne goeie raad, sy is medisyne vir jou gebreekte hart en ken jou geheime en diepste smart, n vriendin staan by jou wanneer jy swaar gebuk gaan onder laste en smart, sy gee jou vlerke as jy moet vlieg en luister as jy jou sondes moet bieg.

My vriendin van die plaas... 25 jaar is sy deel van my lewe, omhels sy my met liefde, aanvaar sy my net soos ek is. Aan haar dra ek graag die volgende op....
Liewe Heer, my telbord se krale is te min om al my seeninge te tel; Geleenthede,geluk, liefde, en veral my vriendin se vriendskap. My hart is te klein om die rykdom daarvan op te gebruik. Dankie Jesus vir so n Lieflike vriendin, Mag ons nog baie jare tot mekaar toevoeg in waarde en altyd U naam verheerlik.


My vriendin van die padkamp..... Sewe jaar is sy deel van my lewe, ek is baie lief vir haar en kan haar net soos volg bekryf.......
Vir my is sy soos n dieprooi roos-geurig en pragtig ander kere is sy vir my n koelteboom waaronder ek tot stilstand kom om sielskontak te maak, danweer is sy soos n kosmosblom- singend,vrolik en ongebonde, maar sy is beslis ook n protea-standvastig, sonder voorgee en reguit..... en dan is sy n madeliefie-opreg, vol begrip vir my tekortkominge en sommer net lief vir my omdat ek ek is.
N moet in elke mens se lewe... n vriendin soos Fransie!

My vriendin van Secunda en tans in Benoni ouetehuis.....N honderd jaar is ons al vriendinne....
sy is my huil vriendin want in al die jare van vrienskap was daar nog net trane in haar lewe.
Sy is 20jaar ouer as ek en meer n moeder vir my iemand wat ek wil koester en beskerm. En tog ook n groot BLESSING in my lewe want deur om haar te kon bystaan en vertoos het daar in my eie lewe genesing gekom.
Susan vir jou bid ek vanmore die volgende;
Jesus ek weet nie watse traumas my vriendin vandag het nie maar U weet alles.Ek hoor haar swyg, U hoor haar pleit. Ek sien haar lag, U sien haar trane. Ek sien wat sy gee, U sien wat sy van beroof is. Ek sien haar mooi klere, U sien die litteken in haar siel. Ek beleef haar geloof, U ken haar twyfel. Ek bring haar na U troon en vra: Here gee vir haar als wat sy nodig het en sekerheid dat U by haar is. In Jesus naam.

Hierdie drie mense was en is vir my ware vriendinne. Die volgende klompie mense waaroor ek in die spasie gaan praat moet ek nog LABELS voor soek want vriendinne die is hulle werklik nie!

Tot n volgende keer..

1 comment:

  1. Nims ek is besig om in my vrye tydjie jou blog te lees, ek het nog baie om te lees!!

    Dit wil my voorkom of ek nog baie gaan tjank op die blog.

    Jy skryf baie mooi!

    Lovies
    Wipneus

    ReplyDelete