Sunday, July 5, 2009

Baie Dankie

Aan almal - vriende, familie en blogvriende wat navraag doen en belangstelling toon in ons huide dilemma...

Ons is vir die derde keer binne n jaar sonder werk. Ons is bekommerd want dit is net menslik, maar ons is nie moedeloos en sonder hoop nie.
Ons vra dat julle ons asseblief sal dra in gebed want dit is die grootste liefdesdaad wat ons aan mekaar kan betoon.

Willie en myself sal dit baie wardeer indien julle ons sal kontak by my e-pos adress ; nwlourens@gmail.com sou julle dalk moontlik van werk hoor in die Gauteng gebied.
Willie kan die volgende doen:
Grader
Backactor
Tipper Trok
Hy het n kode 14 + pdp (publieke) lisensie
Kan ook -
Milling Machine
Pofile cutter
Procision grinder

Ekself het redelik baie admin ondervinding.

Weereens dankie aan elkeen van julle vir die liefde wat julle ons mee toevou.

Vader,
ek is nie baie goed om verandering in my lewe te hanteer nie. Hierdie huidige verandering is vir my uiters stresvol.
Ek besef dat ek nou kan kerm en kla of U kan loof vir die goeie dinge wat nog kan kom.
In plaas daarvan om te brom en my te bekommer wag ek eerder op U hulp en leiding.
U ken ons behoeftes en begeertes tydens hierdie verandering, en ons vertrou op U om ons te lei volgens U wil.
Amen

10 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Julle moet nie na die omstandighede rondom julle kyk nie, maar kyk op daar waar ons hulp vandaan kom! Ons bid vir julle in hierdie moeilike tyd!
    Liefde

    ReplyDelete
  2. O, mag die Vader die gebede gou verhoor wat tot Sy troon vir julle opstyg. Baie, baie sterkte en hou moed -- die Here is BY julle.
    Liefde,
    m

    ReplyDelete
  3. Ai Nims, Ek hou julle in my gebede. En ons vertrou want Pa beplan goeie dinge vir ons lewens.

    ReplyDelete
  4. Baie dankie aan almal vir julle bemoediging en gebede, ons wardeer!

    ReplyDelete
  5. Sandra,
    baie dankie vriendin vir jou e-pos!Wees verseker ek sal jou kontak as dit nodig is!
    Ek wardeer jou.


    Liefde
    Naomi

    ReplyDelete
  6. (((Nimsi)))

    Ons dra julle op in ons gebede.
    Liefde en sterkte

    ReplyDelete
  7. Hi Nimsi. Ek is jammer om van julle teëspoed te hoor. Ek dink ook aan julle in my gebede maar intussen het ek iemand gekontak wat ek dink moontlik dalk van 'n werk kan weet vir Willie. Sal jou laat weet sodra ek iets gehoor het. Sterkte vir julle!!

    ReplyDelete
  8. Muriel,
    Baie dankie vriendin!

    Thea,
    Baie dankie Thea ek mail vir jou n kontaknommer.

    ReplyDelete
  9. Hi Nimsi
    Baie, baie sterkte! Ek bewonder jou positiewe gees, dat jy nie in sak en as sit nie! Ek bid ook vir julle!! Natuurlik! Sal oe en ore oophou en laat weet as ek van iets te hore kom!

    ReplyDelete
  10. Nimsie, julle is steeds elke dag in my gebede!

    Liefde in Jesus.

    ReplyDelete