
Die merkwardige Helen Keller het by geleentheid gesê: "Die lewe bestaan uit n reeks lesse wat op mekaar volg; ons moet dit eers leef om dit te kan verstaan".
WEET JY DIE VOLGENDE?
* Twee mense kan na presies dieselfde ding kyk, maar elkeen kan iets anders sien.
* Dit is nie net nodig dat ander jou soms moet vergewe nie. Jy moet ook leer om jouself te vergewe.
* Jy is in beheer van jou eie geluk, niemand anders nie.
* Al is n situasie hoe sleg, dit gaan verander.
* Ware vriendskap hou aan om te groei, al word dit deur afstand geskei. Dieselfde geld vir ware liefde.
* Jy kan iets in n oomblik sê of doen wat jy vir n leeftyd gaan berou.
* Soms het jy die reg om kwaad te word, maar jy het nooit die reg om wreed te wees nie.
*
Jou lewe kan in n oogwink verander word deur mense wat jy nie eers ken nie.
* Dit neem jare om iemand se vertroue te wen, maar net sekondes om dit te vernietig.
* Dit maak nie saak hoeveel jy vir iemand anders omgee nie, partykeer gaan hulle net nie dieselfde voel nie.
* Ons agtergrond en omstandighede het n invloed op wie ons is, maar ons is self verantwoordelik vir die mens wat ons uiteindelik word.
* Slegte dinge gebeur soms met goeie mense.
* Tyd genees alle wonde, dit maak nie saak hoe stukkend jy op die oomblik is nie.
* Glo in wonderwerke.
* Maak vrede met jou verlede, en moenie toelaat dat dit jou hede opmors nie.
*
As n verhouding geheim gehou behoort te word, moet jy nie in daardie verhouding wees nie.