Tuesday, September 1, 2009

Versoek van n kind

* My handjies is klein, moet asseblief nie van my verwag om so sterk soos pappa of mamma te wees nie.
* My vingertjies is nog bietjie dom en dalk sal ek iets laat val, moenie op my skree nie.
* My ore het nog nie baie gehoor nie, praat tog mooi saggies met my.
* My bene is nog kort en swak, loop net n bietjie stadiger.
* My arms is nie so groot en sterk soos julle arms nie, verstaan tog as ek sukkel om groot goed te dra.
* My klein probleme is vir my groot probleme, moenie daavoor of daaroor lag nie.
* My hartjie is baie klein, piets my as ek stout is, maar raas maak my baie bang.
* My denke is oop en teer, beskerm my tog van verkeerde invloede.
* My hartjie is nog rein en vertrouend, moet tog nie vir my jok nie.
* My magie is klein, skep net n bietjie kos vir my in my bordjie.
* My hele lewe is nog teer en ongevorm, vorm my tog met baie soentjies en drukkies.

Vader help my asseblief om in hierdie lentemaand U liefdesinstrument in n seer kindjie se lewe te kan wees.

8 comments:

  1. As ons net besef watter invloed ons woorde en dade op 'n klein mensie het ... selfs as hulle grootword.

    Dankie hiervoor Nims

    Liefde

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsi,
    Ja daardie ou klein mensies moet met groot respek en liefde behandel en opgevoed word. Kindertjies het 'n baie, baie spesiale plekkie in Jesus se hart. Want Hy sê dat ons soos kindertjies moet word om te glo, want hulle is nog rein en vertrouend.
    Groete

    ReplyDelete
  3. Dit is so waar,Nimsi! Dankie vir die mooi woorde.

    ReplyDelete
  4. Kinders het 'n baie spesiale plekkie in my hart. My hart breek as ek seer in hulle ogies lees.. Ek bid vir verstaan en teerheid in almal se harte vir hierdie "Belangrikstes in God se Koninkryk".

    ReplyDelete
  5. Baie waar en mooi woorde.

    Kinders het 'n baie spesiale plekkie in my hart. :)

    ReplyDelete
  6. Hallo almal.
    Dankie vir die inloer en kommentaar, ja vir my is die swaarkry en seerkry kindertjies van die ou lewe baie baie spesiaal.

    ReplyDelete
  7. Nimsi, baie dankie vir die stukkie. Ek gaan dit vanaand vir Zeethan se pappa wys. Ai, die twee sukkel om te bond, Z wil niks weet nie, en ek sien die seer in my kind se oë, ons weet dit gaan lank vat, so, miskien sal hierdie stukkie vir seun net help om te verstaan.

    ReplyDelete
  8. ((((Zee)))
    Ek dink so baie aan Seun, en wens hom regtig net mooi dinge toe. Sterkte met die laaste trou reelings vriendin!

    ReplyDelete