Tuesday, September 22, 2009

Ons is hier om te leer


Die merkwardige Helen Keller het by geleentheid gesê: "Die lewe bestaan uit n reeks lesse wat op mekaar volg; ons moet dit eers leef om dit te kan verstaan".

WEET JY DIE VOLGENDE?

* Twee mense kan na presies dieselfde ding kyk, maar elkeen kan iets anders sien.
* Dit is nie net nodig dat ander jou soms moet vergewe nie. Jy moet ook leer om jouself te vergewe.
* Jy is in beheer van jou eie geluk, niemand anders nie.
* Al is n situasie hoe sleg, dit gaan verander.
* Ware vriendskap hou aan om te groei, al word dit deur afstand geskei. Dieselfde geld vir ware liefde.
* Jy kan iets in n oomblik sê of doen wat jy vir n leeftyd gaan berou.
* Soms het jy die reg om kwaad te word, maar jy het nooit die reg om wreed te wees nie.
* Jou lewe kan in n oogwink verander word deur mense wat jy nie eers ken nie.
*
Dit neem jare om iemand se vertroue te wen, maar net sekondes om dit te vernietig.
* Dit maak nie saak hoeveel jy vir iemand anders omgee nie, partykeer gaan hulle net nie dieselfde voel nie.
* Ons agtergrond en omstandighede het n invloed op wie ons is, maar ons is self verantwoordelik vir die mens wat ons uiteindelik word.
* Slegte dinge gebeur soms met goeie mense.
* Tyd genees alle wonde, dit maak nie saak hoe stukkend jy op die oomblik is nie.
* Glo in wonderwerke.
* Maak vrede met jou verlede, en moenie toelaat dat dit jou hede opmors nie.
* As n verhouding geheim gehou behoort te word, moet jy nie in daardie verhouding wees nie.


8 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Jou tweede punt die laaste gedeelte, selfvergifnis. Dit is seker een van die moeilikste dinge om te doen. As jy dit nie doen of leer doen nie kan jou lewe in een hel van selfverwyt ontaard
    Groete

    ReplyDelete
  2. Baie dankie vir hierdie inskrywing Nimsi, ek het dit nodig gehad.

    x x

    ReplyDelete
  3. Het ek self jare met hierdie een gesukkel Oom Petrus! Sterkte vir julle en groete in Swaziland.

    ReplyDelete
  4. ((((Muriel))))
    Hoop dit gaan al beter met julle almal vriendin. Kom ons bly mekaar maar dra in gebed.

    ReplyDelete
  5. Ek is n GROOOOOT bewonderaar van Helen Keller! Ek het onlangs vir my weer daardie ou verhaal op dvd gekoop en dit bly my fasineer. Dankie vir al hierdie wyse woorde.

    ReplyDelete
  6. Ek sukkel om te comment Nims!

    Klomp groot waarhede hier, dankie vir die herinner daaraan.

    ReplyDelete
  7. Sonja dankie vir jou inloer. Helen Keller een van my groot gunstelinge.

    ReplyDelete