Wednesday, September 16, 2009

Armoede

Nadat ek nou al dae lank spook met die vroutjie by die verkeerslig... moes ek gister baie teen my wil skeidsregter en vredemaker speel tussen n ma en dogter wie se griewe handuit geruk het.
Seermaak woorde is heen en weer geslinger - jare se seerkry is in woorde en verwyte omgesit...
Op n stadium kon ek net hulle staar en wonder...

Hoeveel grade van armoede is daar nie in die ou lewe nie? Die een as gevolg van te min geld. Die ander as gevolg van te min begrip en aanvaarding. Dan ook as gevolg van te min nederigheid en meelewendheid. Ook as gevolg van n gebrek aan lewensvreugde om te deel met n milde hand van liefde. Te min tyd vir God en sy gebod in die binnekamer wanneer jy hand in eie boesem moet steek - dit maak van die mens die armoedigste skepsel denkbaar!

2 comments:

  1. Woorde kan soveel skade doen. Ek stem saam daar is baie soorte armoede in die wereld.

    ReplyDelete
  2. Oe Nimsi, dankie hiervoor! Jy's reg: ons kan kies om 'n ryk of arm lewe te he! So, so dankbaar vir my lewe en my geliefdes en al my seeninge. Nounet gehoor my goeie vriendin en oud-buurvrou se kankerbehandeling is vir eers iets van die verlede! Dit juig en borrel in my!

    ReplyDelete