Tuesday, September 15, 2009

Huiswerk

Ek is so effens agter op die blogs en vra groot verskoning dat ek nou eers by my huiswerk uitkom.
Ek is deur Charmaine en Sonja getag om hulle in EEN woord te beskryf...

Charmaine:
Ek is bevoorreg om Charmaine al persoonlik te kon ontmoet en dit is regtig vir my onmoontlik om haar in net een woord te beskryf - so ek gaan probeer om van n klomp woorde een te maak...
Sy is n ...
steunpilaar in pyn
n vuurhoutjie en n olielamp wanneer jy in die donker rondstrompel
n skouer om op te huil wanneer die wereld jou soms druk
n hand wat weet wanneer om jou vas te hou, en wanneer om vir jou n roos te pluk
Saamgevat...
sy is n houtbruggie bo-oor alleenheid.
Lief jou vriendin!


Sonja:
Ken ek nog nie lank op die blog nie maar sy is vir my soos my ouma se ou opgepofde vere kombers... werklik n sagte landings plekkie.
Dankie vir al die liefde wat jy so ongevraagd gee Sonja!

Omdat Oom Petrus al blog maat is wat my werklik ken tag ek hom om my in net een woord te beskryf.

12 comments:

  1. Ai (((Naomi))) watter pragtige beskrywing... ek voel geseend en ek bere dit diep in my hart. As ek jou in een woord moet beskryf sou ek DEERNIS kies. Jy het Jesus se hart en sien mense deur Sy oe.

    ReplyDelete
  2. Mag ek maar ook intjip en sommer vir julle altwee sê dis lekker om julle as vriendinne te hê. Julle is albei twee dierbare mense wat diep in my hart ingekruip het.

    ReplyDelete
  3. Ek sal haar nie in een woord kan beskryf nie maar jy het dit uitstekend gedoen Nims!!

    Ek hou van die woord wat Charmaine vir jou gekies het en stem saam!!

    ReplyDelete
  4. Sandra en ek sou jou beskryf as n lekker warm vuur in die winter - veilig en snoesig!
    Hoop dit gaan goed by julle?

    ReplyDelete
  5. Hierdie eenwoordinskrywings laat my julle net beter ken en meer waardeer! Baie goed gedoen Nimsi!

    ReplyDelete
  6. Hallo Nimsi

    Jy het my nou in 'n hoek gedruk, maar ek sal probeer:

    Jou een woord beskrywing: Lydsaam.
    Groete

    ReplyDelete
  7. Miekie
    Dit is goed om julle weer terug te he!
    Bly om te hoor julle toer was so lekker - ek is "GROEN"

    ReplyDelete
  8. Dankie Oom Petrus en dankie vir die saamspeel.

    ReplyDelete
  9. Dankie Nimsi! Jy is so dierbaar,n warm goeie mens!

    ReplyDelete
  10. (((Sonja)))
    Gee daai kleinspan van jou n drukkie van my af!

    ReplyDelete