Wat n wonderlike voorreg om Kersfees as n Christusfees te mag vier. Tydens die Kersseisoen wonder ek dikwels oor daardie nag. Die nag toe die ster wat die wyse manne gelok het bo die nederige stal bly talm het. Die nag toe die jong vrou Maria n sagte babakoppie teen haar bors gedruk het. Die nag toe alles verander het vir die wat glo dat Hy vir ons gebore is. Ons herdenk die geboortedag van ons Koning wie waardig is om geprys te word.Ek bid dat kerstyd vir jou geseënd sal wees, dat dit n tyd van liefde, , vreugde en vrede vir jou sal wees en bo alles bid ek dat die dag jou sal herinner aan die geboorte van die Seun van God wat met Sy lewe joune kom red het.
Mag Kersfees werklik vir jou n Christusfees wees!
Hemelse Vader dankie dat U U Seun mens laat word het. Dankie dat Jesus gebore is om vir ons n nuwe begin te bied. Ons loof U daarvoor.





