Wednesday, December 23, 2009

Kersfees - Christusfees

Wat n wonderlike voorreg om Kersfees as n Christusfees te mag vier. Tydens die Kersseisoen wonder ek dikwels oor daardie nag. Die nag toe die ster wat die wyse manne gelok het bo die nederige stal bly talm het. Die nag toe die jong vrou Maria n sagte babakoppie teen haar bors gedruk het. Die nag toe alles verander het vir die wat glo dat Hy vir ons gebore is. Ons herdenk die geboortedag van ons Koning wie waardig is om geprys te word.
Ek bid dat kerstyd vir jou geseënd sal wees, dat dit n tyd van liefde, , vreugde en vrede vir jou sal wees en bo alles bid ek dat die dag jou sal herinner aan die geboorte van die Seun van God wat met Sy lewe joune kom red het.
Mag Kersfees werklik vir jou n Christusfees wees!

Hemelse Vader dankie dat U U Seun mens laat word het. Dankie dat Jesus gebore is om vir ons n nuwe begin te bied. Ons loof U daarvoor.

6 comments:

  1. Nimsi ons dink aan julle en het julle in ons harte en gebede nie vergeet nie,ek hoop hierdie is n spesiale geseeende tyd vir julle.

    ReplyDelete
  2. Nims & gesin & woefie. 'n Baie geseende Christusfees vir julle. Mag dit 'n baie spesiale tyd wees. Geniet die kuiertjie by die familie. Liefde vir julle.

    ReplyDelete
  3. Baie dankie Sonja'tjie dieselfde vir julle.

    Dankie Sandra - hoop julle dag is ook vol vreugde.

    ReplyDelete
  4. Hi Liefste Nimsi

    Baie geseënde Kersfees vir jou en joune en mag die Nuwe jaar vir julle almal net mooi dinge inhou!

    Liefde

    ReplyDelete
  5. Liefste Nimsi ek lees al meer as n jaar lank jou blog, en kan met eerlikheid sê dat ek so baie kere hier kom rustig raak het. Baie dankie vir alles wat jy onwetend al in my lewe beteken het met jou blog. Ek hoop dat jy nog lank sal skryf.

    Liefde
    Yvette

    ReplyDelete
  6. Hoop julle het 'n wonderlike dag vol liefde en seën gehad! Ons kerstyd was soos altyd baie spesiaal met elkeen wat ou kersaand bely wat Christus die jaar vir hom beteken het - ons het lekker saamgehuil en gelag. Baie seën vir julle vir 2010 - mag dit 'n wonderlike jaar wees waarin ons almal nader aan God beweeg.

    ReplyDelete