Thursday, December 3, 2009

Drie Soorte Mense


Die lewe het my geleer daar is basies 3 tipes mense:

1) Die Gebruikers:
Hierdie mense sal jou sterkpunte benut, maar vermy jou swakhede. Wanneer jy in die moeilikheid is, sal hulle van die toneel af verdwyn, net in geval hulle goeie name dalk skade lei... Moet hulle nie verwyt nie; gebruikers is nie sleg nie, hulle is net onseker en selfdienend.

2) Die Versigtiges:
Hierdie mense is in die meerderheid. Wanneer jy in die moeilikheid is, sal hulle wag en sien of jy nie dalk self daaruit kom nie. En selfs dan sal hulle alle opsies oorweeg. Voordat hulle jou aanvaar, kyk hulle eers wie anders jou aanvaar. Wanneer dit by die versigtiges kom, wees lief vir hulle, maar moenie jou lewe rondom hulle bou nie.

3) Die Toegewydes:
Hierdie is die mense waarvan Salomo praat in Spreuke 17:17 - In die goeie tye ken jou vriende jou, in die slegte tye ken jy jou vriende. As jy slegs n handjievol toegewyde vriende het, is jy werklik geseën want hulle sal altyd by jou staan. Hulle is sterk in geloof en in enige geveg. Hulle is gebore om te help. Beskerm hierdie verhoudings en versorg hulle, want sonder hulle kan jy nie jou doelwitte bereik nie.

5 comments:

  1. Dis nou 'n interessante siening, Nimsi. Mag jy toegewydes naby jou hê om jou "toe" te maak met liefde.

    ReplyDelete
  2. Ek's baie geseend met 'n paar nr
    3's in my lewe.

    Lekker naweek vir julle Nims!

    ReplyDelete
  3. Miskien moet jy hierdie gaan lees: http://dcfemella.com/blog/2009/06/why-do-we-label-each-other/

    ReplyDelete
  4. sandra en mariki,
    Dankie vir julle volgehoue kuiertjies hier op my blog - julle is inderdaad van die toegewydes hier op my blog.

    ReplyDelete
  5. Annoniem, ek is opreg jammer as ek dalk op jou tone getrap het hier, dit was geensins my bedoeling nie. Ek skryf hier oor hoe ek die lewe sien en ervaar - en ongelukkig ervaar ek drie soorte mense in my lewe op die oomblik! Ek stel voor dat jy maar liefs met jou skuldgevoelens deel, anders probeer n mens jouself maar net altyd regverdig soos jy hier op my blog kom doen!

    ReplyDelete