Monday, December 7, 2009

My vriend die voëltjie

My eerste kennismaking met my nuwe maaitjie los my met n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in die moeilikheid. Of jy nou gaan slaap of nie, maak nie n verskil nie, die dag wat voorlê is nie een van die maklikstes nie. Daardie dag is jy nie een van die skerpstes nie...

My nuwe maaitjie kom ek na n tyd agter, begin stiptelik om drie uur in die oggend met my gesêls. Ek dink hy chat spesifiek met my want daardie tyd van die oggend is dit mos doodstil en ek het nog nooit gehoor dat n ander voëltjie terug antwoord nie. n Paar keer het hy my al deur die dag verras as ek sy bekende fluit hoor. Dan wonder ek of die mannetjie dalk sy dag en nag omgeruil het. Feit van die saak is, hy is altyd op sy pos en reg met sy deuntjie, ongeag wie hom antwoord of watter tyd dit mag wees.

Die voëltjie buite my kamervenster se sang het ek elke vroegoggend nodig om my net weer te herinner dat ons God in beheer is, dat Hy vandag regeer!

11 comments:

  1. Ek weet so goed waarvan jy praat. Hiehiehie... Ek maak baie oggende die voëltjies wakker maar dan is dit oor ek so hier by 2 vm wakker word en dan sukkel om weer te slaap. Uiteindelik raak ek weer aan die slaap maar dan's dit net so voor die wekker afgaan. En dit gebeur nogals gereeld deesdae! Oudword is nie vir sissies nie! LOL!!

    En wat die voëltjies betref... daar is nie woorde om te beskryf hoe mal ek oor voëls is nie! Dit is een van die goed wat die Here geskep het wat ek oneindig baie geniet!

    ReplyDelete
  2. Dis een van die dinge wat ek hier in die woestyn mis - voeltjies wat mens wakker maak. En wat doen daai Rakker van jou met voeltjies? Of weet hy nie hy's 'n hond nie? :-)

    ReplyDelete
  3. Thea, al so bietjie meer as n jaar dat ek so slapeloos is - dan sit ek maar en werk aan my boek wat ek besig is om te skryf. Ek het n ander voël familie wat ek op die balkon voer, maar daarvan vertel ek in n latere blog. Lekker week vir jou Thea.

    ReplyDelete
  4. Goeiste Sandra - hoe durf jy sê Stompie is n hond... A, Nee, A Tannie Sandra - ek is baas van die plaas! Op en wakker, baie besitlik op ons en verdra niks naby sy "kingdom" nie. sal vir jou n foto van hom mail, hy is so mooi!

    ReplyDelete
  5. Die boekskryf klink baie interessant Nimsi! Ek kyk uit vir die inskrywing oor die voëls wat jy so voer. Dankie Nims, geniet jou week ook!

    ReplyDelete
  6. Hallo Nims :)

    Jy gaan nie glo nie, maar ek het ook vanoggend voëltjies hier by drie uur gehoor, en nee, gelukkig ly ek nie aan slaaploosheid op die oomblik nie, Zeethan het omtrent nie geslaap gisteraand met sy koors nie, ek moes na die horlosie kyk want ek dog dis seker al opstaan tyd. Ek het nie geweet dat hulle al so vroeg kan begin gesels nie.

    Mens hoor ook nie meer eintlik die voëltjies sing hier in die stad nie, so dit was vir my te mooi gewees om hulle weer vir 'n slag te hoor!

    ReplyDelete
  7. Hallo Zee,
    Hoop Zeethan voel gou weer sy ou self. Ons buurt is baie boomryk dus het ons n groot verskeidenheid voëls.
    Sterkte met Zeethan en gee hom n drukkie van my af.

    ReplyDelete
  8. Vandat ek klein is, het die Here voeltjies my padlangs gestuur om my te troos as ek hartseer was, dit was altyd opvallend dat hy net op die regte oomblik opgedaag het en ek was altyd so kalm as hy weer weg was, n amper bonatuurlike kalmte wat ek GEWEET het van die Here kom. Ek glo dat HY hierdie voeltjie by jou laat intrek het want Hy praat met jou in n stil sagte stem elke dag en ek glo dat Hy jou wil verseker Hy is by jou!!

    ReplyDelete
  9. Nimsi, is julle ok?? (so tussen my en jou) Gaan dit al beter? Moet ons vir julle n werk soek hier? HIer is baie nuwe myne ens. Baie mense kom hiernatoe vir werk. As jy belangstel kan ons ten minste probeer, ek weet nie of dit sal werk nie, maar ons kan probeer??

    ReplyDelete
  10. Sonja neem die woorde uit my mond uit. Dis die Here se spesinjale voolkie NET vir jou, Nims!

    ReplyDelete
  11. Sonja, het vir jou n boodskap op jou blog gelos.

    mariki, ek stem vriendin - ek plaas later die week n inskrywing oor my ander vriende wat ek soggens voer op my balkon.

    ReplyDelete