Friday, December 11, 2009

Dit is maklik om te praat...


"Nee man, vertrou net op die Here"
"More skyn die son weer"
"Jy weet jy mag nie twyfel nie"

Vertroue en geloof in God gaan soms gepaard met slaapeloosheid en n naarheid wat nie wil weggaan nie. Soms self depressie, jy verloor jou vrede en voel dit vir jou God het jou lankal nie meer in sig nie, jy is oorgelewer aan jou eie genade...

VADER, ek bid vir elkeen wat moedeloos is, wat voel om op te gooi. Ek bid dat U verheerlik sal word en ons verbaas sal staan as ons U almag en bonatuurlike werking beleef en aanskou. Spreek die woord Here, want die heelal en alles daarin behoort aan U. U is God en ons aanbid U.

Amen

8 comments:

  1. Reg, Nims, vertrou en glo is albei 'n WERKwoord...

    Mag God ons kleingeloof en min vertrou te hulp kom -- en Hy SAL. ALTYD.

    Ek lief jou bloue kerse!

    ReplyDelete
  2. Dis baie waar Nims.

    Dink jy nie mense gebruik partykeer daardie woorde omdat hulle dit ook vir hulleself wil se nie.

    Dis altyd maklik om vir ander te se "ek bid vir jou", maar wanneer dit op mens self van toepassing is, is ons maar baie keer kleingelowig.

    Geniet julle naweek.

    ReplyDelete
  3. mariki, die blou kerse is besonders ne.

    Sandra, Ja dit is so waar en soms wonder ek ook hoe bemoeding mens iemand anders as jy self voel daar kom nie n einde aan ellende nie? lekker naweek vir julle ook.

    ReplyDelete
  4. Ek het eenkeer iemand hoor praat oor dapperheid en moed, wat sekerlik baie met geloof uit te waai het, hy het gese: moed is om bang te wees en tog voort te gaan. Ek dink nie dat ons in ons krississe noodwendig lekker gaan voel nie, maar ons moet seker n keuse maak om God se woord te glo bo hoe ons voel of hoe dit lyk- dit is wat ek altyd vir myself vertel en dan vergeet ek dit weer oor n half uur en moet dit weer hoor! Ons is besig om oral die woord te versprei vir werk, ek glo dat die regte iets sal opdaag, al is dit nie van hier af nie!

    ReplyDelete
  5. Hallo Nimsi,
    Die probleem kom daarby dat ons self wil beheer hê oor ons lewens. Ons wil besluit..., ons wil dit so doen.., Ons is so gebore en so grootgemaak om na ons self te kyk en om niemad anders te vertrou nie. Dit is nie maklik om die Here te vertrou met dinge wat ons glo ons kan of wil self beheer nie.Hoe slegter dit met ons gaan hoe minder vertrou en glo ons.
    Maar ons moet Hom ten volle vertrou en glo dat Hy die beste vir ons lewens weet. Maar dit help ook nie om net te glo nie, ons moet sorg dat ons in die middel van Sy wil vir ons wees.
    Die Woord sê: Ken Hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.
    Gaan lees ook bietjie daar in Deut. 28, dit gaan oor seeninge en vervloekinge. Ek glo dat dit ook op ons individueel van toepassing is.
    Ons bid vir julle en ons glo alles sal regkom.
    Sterkte

    ReplyDelete
  6. Baie dankie Sonja ons wardeer!

    Oom Petrus - worstel ek ook al n geruime tyd met die gedagte hoor!

    ReplyDelete
  7. Nou vra ek, mag ek jou gebed vir myself toe-eien?
    In my joernaal vanoggend juis geskryf - Here leer my om net vas te hou, nie te twyfel nie... Die pa van 'n versteurde kind het uitgeroep: Here, ek glo - kom my ongeloof te hulp. My uitroep!

    ReplyDelete
  8. Huisvrou, jy is baie welkom. Hier Lag, bid en huil ons saam. Baie dankie vir jou inloer en kommentaar.

    ReplyDelete