Friday, January 15, 2010

Juané




Hierdie klein pop het met haar skraal lyfie en groot ronde oë vierkantig in ons harte kom inklim.
Sy is Juané Lombaard en sy is Woensdag groot skool toe. Juané is een van ons jong vriende se dogtertjie en het vir een of ander rede n groot liefde vir my en Willie ontwikkel. Sy is vreeslik lief om vir ons verassings te bring - n snytjie koek op n bordjie, n blokkie kougom, twee blokkies kaas, n bossie blomme...
Ek is spesiaal genooi om na haar kleuterskool se konsert te gaan verlede jaar, Willie kon dit ongelukkig nie maak nie want hy moes die betrokke dag laat werk - en Juané het toe spesiaal vir hom n dvd laat sny van die konsert. Ek het natuurlik soos n "regte" ouma my oe dik gehuil op daardie konsert - met die gevolg dat ek toe nie genooi is na die gradeplegtigheid in November nie. Want in Juané se eie woorde: "Ek wil nie hê tannie Naomi moet weer haar oe so rooi huil nie. Ons is toe bederf met n dvd en foto van die geleentheid.
Juané my pop, baie dankie vir die baie liefde en vreugde wat jy in ons lewens bring. Ons is lief vir jou pop.

VADER EK VRA DAT U ALTYD SAAM MET JUANé SAL WEES. GEE HAAR WYSHEID OM GEVAAR TE HERKEN - EN DAT SY MET DIE REGTE VRIENDE SAL MENG. STUUR U ENGELE OM OOR HAAR TE WAAK. MET U DAAGLIKS AAN HAAR SY - SAL SY NOOIT IN HAAR LEWE SKADE LY.
AMEN

8 comments:

  1. Ag wat n pragtige ou dogtertjie. En ek se amen op die mooi gebed vir haar.

    ReplyDelete
  2. Dit is baie mooi dankie tannie. Nou is my oe rooi gehuil.Dankie dat julle ook so lief is vir my kind soos n ouma en oupa. Die Here sal taniie hul seen.

    ReplyDelete
  3. Ag "Ouma" Nims -- is dit nou nie die mooiste en pragtigste geskenk van jou Vader af nie!! Geniet vir poppie. Dis 'n kosbare verhaaltjie, dankie.

    ReplyDelete
  4. Amen! Mag die Here haar altyd bewaar. Sy is te pragtig! En lyk sy nie te dierbaar in haar uniform nie!

    ReplyDelete
  5. Anon - Dankie
    Mariana = Dankie dat jy haar met ons deel sus en ons altyd deel maak van die spesiale dingetjies in haar lewe.

    mariki en Miekie - Ons is vreeslik lief vir haar sy is kosbaar vir ons.

    ReplyDelete
  6. Sy is pragtig en dis tog te lekker om so ouma te speel. Mag daar altyd 'n lig op haar pad wees....en joune

    ReplyDelete
  7. Juané is 'n pragtige dogtertjie en teen hierdie tyd het sy seker ook al baie maatjies gemaak by die skool. Dogtertjies is net altyd so spesiaal, is dit nie?!

    ReplyDelete
  8. Charmaine: Lekker om weer van jou te hoor vriendin! Dankie.


    So spesiaal Thea

    ReplyDelete