Friday, January 8, 2010

Nie vergeet nie...




Dit was n besige oggend toe n ouerige man in sy 80's by die dokters kamers opdaag om n wond aan sy hand te laat versorg. Hy noem aan die suster dat hy baie haastig is en n belangrike afspraak om 9h00 het.
Wetende dat dit omtrent n uur sal neem voor een van die dokters hom sal kan sien, besluit die suster om maar gou self na sy wond te kyk.
Terwyl sy besig is om die wond te versorg, begin die ou man n gesprek met haar. Sy vra aan hom waar sy afspraak is, waarop hy antwoord dat hy 9hoo by die versorgingsoord waar sy vrou is moet wees om saam met haar ontbyt te eet. Die suster vra belangstellend uit na die ou dame en die man vertel aan haar dat sy daar is omdat sy n slagoffer van Alzheimer siekte is.
Simpatiek vra die suster aan hom of sy vrou baie bekommerd sal wees indien hy n paar minute laat is - waarop hy toe antwoord dat sy hom al vir vyf jaar glad nie herken nie en nie weet wie hy is nie...
Baie verbaas vra die suster toe aan hom hoekom hy dan nog elke oggend stiptelik om 9h00 saam met haar ontbyt gaan eet as sy nie weet wie hy is nie...
Die ou man glimlag en antwoord sag:
Sy ken en onthou my dalk nie meer nie, maar ek ken en onthou haar nog!

4 comments: