Sunday, January 3, 2010

2010


Met my terugblik op 2009 was my eerste gedagte dat dit n nagmerrie van jaar vir ons was... maar hoe langer ek daaroor nagedink het - hoe meer het ek besef dat dit inderwaarheid n goeie jaar vir ons was...
Deur al die terugslae wat ons in 2009 beleef het kon ek net God se groot Hand van Liefde en Genade raaksien.
Ons was twee keer werkloos in 2009 en God het ons elke keer gedra. Nooit was ons sonder n dak oor ons koppe of kos in ons kaste nie. Willie is n diabeet wat insulien afhangklik is en nie een dag was hy sonder sy medikasie nie.
Ons het sulke dierbare vriende ontmoet hier op die blog wat nie vir een oomblik gehuiwer het om hulle harte en beursies vir ons oop te maak toe ons dit nodig gehad het nie - ons was vreemdelinge vir hulle, maar hulle het ons met die Liefde van die Vader kom toevou!
Sandra en Charmaine - Dankie!
Sonja het nie vir een oomblik gehuiwer om my te kontak toe sy in Desember uitvind dat Willie se kontrak nie hernu gaan word hierdie jaar nie, sy het onmiddelik sy cv aangevra en begin rondvra vir hom vir werk.
Thea vir al jou e-posse van liefde en bemoediging.
mariki - jou opregte gebede het my meer as een dag aan die gang gehou - ek dank God vir jou.
Zee, Muriel, Miekie, oom Petrus en almal wat anon hier kom lees en kommentaar het, ek wardeer julle.

Ek is 29jaar gelede "gebless" met n seun - en ek kon nog nooit ophou om God te dank vir hom nie, hy is nog net deur al die jare vir my n trots en plesier!

2010 lê nou voor ons en ons begin ook nie hierdie jaar sonder bekommernisse nie, maar ons plaas met vertroue en verwagting ons hande in Sy Groot Hand met die wete dat Hy elke tree in hierdie nuwe jaar saam met ons sal loop soos wat Hy nog altyd gedoen het.

Aan al ons familie, vriende, blogvriende en kenisse - n Baie Geseende en Voorspoedige 2010

3 comments:

  1. Mag dit baie beter gaan in 2010 Nimsi! Die een positiewe ding van swaarkry is dat dit 'n mens nader aan die Here bring ne - selfs al voel dit soms of 'n mens se gebede onbeantwoord bly. Eendag sal ons terugkyk en verstaan... Sterkte en baie seën vir die jaar wat voorlê! Liefde, Miekie

    ReplyDelete
  2. Die hanteer van situasies is ons toets nie die situasies nie en die manier waarop jy dit doen en die positiewe sien is 'n voorbeeld vir ons.

    Ons bid dat 2010 'n wonderlike jaar vol seeninge vir julle sal wees! Liefde

    ReplyDelete
  3. Ek wens julle toe n wonderlike fantastiese jaar waarin alles gaan verander en draai in n goeie positiewe manier!( Ons is nog op die uitkyk hier en het nie van julle vergeet nie!)

    ReplyDelete