Friday, January 22, 2010

Opgee? ... Moenie!



George Frideric Handel was n musikale wonderwerk. Op een-en twintig was hy reeds n klawerbord genie en toe hy begin komponeer het, het hy dadelik roem verwerf.Hy het Engeland toe verhuis en daar nog meer bekend geword. Op veertigjarige ouderdom was hy wêreldberoemd, maar ten spyte hiervan het hy noemenswaardige teenspoed geken. Kompetisie met Engelse komponiste was straf. Gehore was onvoorspelbaar: soms het hulle nie opgedaag vir sy vertonings nie. Hy was n slagoffer van die heersende poletiek en was n paar keer op die rand van bankrotskap. Sy probleme is vererger deur sy swak gesondheid. n Beroerte het sy regterarm verlam en die gebruik van vier van sy vingers belemmer. Hoewel hy mettertyd herstel het, het hy as gevolg van sy gebrek aan depressie begin ly. Uiteindelik, op ses-en-vyftig, het Handel besluit om uit te tree. Mismoedig en diep in die skuld, was hy oortuig daarvan dat hy in die tronk sou beland.

Op 8April 1741, sou hy sy laaste poging tot n konsertuitvoering gee. Maar daardie jaar het iets merkwaardig gebeur. n Welgestelde vriend genaamd Charles Jennings het Handel besoek en sy skryfwerk - n stuk oor die lewe van Christus - met hom gedeel. Dit het Handel so gefassineer dat hy dadelik begin skryf het. Die sluise van inspirasie het oop gebreek - soveel so dat hy vir drie weke aaneen geskryf het. Nog twee dae het hy geskryf aan die orkestrasie. Binne 24 dae het hy die 260-bladsy manuskrip van "Die Messias" voltooi.

DINK JY AAN OPGEE? MOENIE! "STAAN BAIE VAS"

Bron: radiokansel.

6 comments:

  1. Dit is n wonderlike verhaal! Ons kan almal daaruit leer!

    ReplyDelete
  2. En watter oorwinning was dit nie! Dis die heel mooiste musiek in die wêreld en eendag gaan ek die Halleluja in die hemel sing - dan gaan ek 'n pragtige sopraan wees - nie 'n valserige alt soos nou nie!

    ReplyDelete
  3. Dis 'n pragtige storie. Dis soos hulle se: Wanneer God 'n wonderwerk wil verrig, gebruik Hy 'n onmoontlikheid.

    ReplyDelete
  4. Dis nou presies wat ek moes hoor vandag. Baie dankie vir hierdie Naomi!

    ReplyDelete
  5. Ai ek sal saam met Miekie in daardie Halleluja koor wees in die hemel. Daardie musiek is hoedervleis mooi. Dankie vir die deel van die mooi storie Nims

    ReplyDelete
  6. Ook soos Thea - myne vir vandag!! Moedopgee was so bitter naby.

    ReplyDelete