Friday, November 28, 2008

Waarsonder kan ek klaarkom?

Op sy weg oor die markplein van Athene, waar elke moontlike besitting en luuksheid wat die mense van sy dag kon begeer, uitgestal was, het die wysgeer Sokrates (469-399vC) peinsend gese: "Kyk net waarsonder kan n mens alles klaarkom!"

Om met die ingesteldheid van: "Waarsonder kan ek klaarkom" te leef, vra waarskynlik eerstens vir n lewe van dankbaarheid - vir wat ek het en wat ek deur die GENADE is.
Dankbaarheid is n keuse. Wat jy het of wie jy is, bring nie geluk nie. Dit is wat jy dink wat jou gelukkig maak! Dit glo ek vas!

2 comments:

  1. Dis baie waar. As ons elke dag kyk waarvoor ons dankbaar kan wees, sal ons nie heeltyd dink aan wat ons nog wil he nie.

    ReplyDelete
  2. Jy kan dit maar glo -- dit IS so!! En was daai Sokrates nie wys nie...

    ReplyDelete