Thursday, February 19, 2009

As die lewens storms woedend om jou draai...

Het jy al ooit gevind dat jy van een dag na die volgende ploeter sonder om bewus te word van die eenvoudige seeninge wat God na jou kant toe stuur?
Forseer jy jou soms om te glimlag, en wens jy mense mistroostig n goeie dag toe? Kompleet nes Eeyore, Winnie the pooh se depressiewe donkie - maaitjie.

n Baie ou liedjie, " tel jou seeninge" is vir my wonderlike terapie as ek voel soos die afgelope paar weke... Vir my skud dit al die ou brommerigheid en stres af... Die woorde draai soos n denkbeeldige draaitafel in my kop.
Na ek so n dag of twee hierdie ou liedjie loop en sing of neurie het; sien ek weer die reenboog na die storm raak.. word ek weer wakker en sien die sonsopkoms raak, hoor weer die voeltjies buite my venster kwetter...

Besef ek weer watter vreugde dit is om die verwondering op n kind se gesig te aanskou wanneer hy n eenvoudige ontdekking gemaak het, hoe verfrissend dit is om n bejaarde man en vrou hand aan hand te sien loop...
Wardeer ek weer n mooi boodskap op my foon van n ou vriendin, staan ek weer n oomblik stil om te luister na my geliefkoosde liedjie op die radio...
Besef ek opnuut sulke dingetjies is God se alledaagse seeninge. Koester ek dit weer opnuut.
Wanneer iemand my dan harde woorde toevoeg, of voor my indruk op die snelweg, of wanneer die bekommernisse aanhou ophoop; diep ek hulle uit my herinnerings op en maak hulle so dubbele seeninge...

Tel jou seeninge, noem hul een vir een,
en jy sal verstom staan oor die Heer se seen!

4 comments:

  1. "...maak hulle so dubbele seeninge..." -- pragtig!!

    Al gewonder wat van jou geword het. En saam dankbaar dat Sy Lig altyd weer deurbreek, as ons nie die deur toehou nie.

    ReplyDelete
  2. Dis goed om elke dan en wan stil te raak en net mens se seeninge te tel en te sien dat daar baie meer rede vir dankbaarheid is.

    ReplyDelete
  3. Nimsi... dankie - Vandag kry ek weer bietjie moet as ek al my seeninge so tel!

    ReplyDelete
  4. Hallo Nimsi,
    Wonderlik al die seening wat elke dag na ons toe kom. As hulle nie openlik kom nie, moet ons hulle soek, want hulle is daar

    ReplyDelete