Thursday, February 12, 2009

Valentyn

Die meeste van ons het nog nie herstel van Desember, Kersfees en "Back to School" nie. En hier is Valentynsdag alweer bo-op ons!
Oral waar ek in die winkels kom ( tot by die ou Griek op die hoek) is dit net: rooi blomme, rooi harte, rooi balonne, rooi bekertjies, en beertjies...

Hier is n paar wenke vir lekker Valentynsdinge wat min kos maar tog baie spesiaal kan wees -

LIEFDESDINGE:

*Onthou, vir die meeste van ons is dit die eenvoudige dinge wat die lewe pret maak.
* Eet roomys saam of drink n melkskommel uit een glas... vergeet die kilojules en fokus op die genot van saamwees.
* Bid of mediteer saam.
* Vergeet vir n naweek van al jou verpligtinge en spandeer tyd saam.
* Kyk saam hoe die volmaan opkom - selfs in die stad is dit nog spesiaal.
* Kry n plekkie waar julle gereeld oor n koppie koffie rustig kan sit en kuier. Bel hom/haar en vra: Kan jy my ontmoet by ons plekkie...

Se dit in n ander taal:

Ti amo (italiaans)
Je t'aime (frans)
Ik hou van je (nederlands)
Ich liebe dich (duits)
S agapo (grieks)

Hoop elkeen van julle geniet n wonderlike liefdesmaand!

9 comments:

  1. Ja, ons het die liefde-dinge broodnodig; miskien selfs nodiger as brood?

    En jy is so reg -- die eenvoudige kan net soveel, en meer, vreugde verskaf as fieterjasies.

    ReplyDelete
  2. Hi Sus Hoe gaan dit? Hier het ons byna weggespoel. Was vandag by welsyn oor Delwalt toe is die vrou siek. So ek weet nie wanneer die ding gaan klaar kry nie.

    Hoop jy het 'n lekker Valentyn dag. Ek gaan myne baie lekker maak en koffie saam met die girls drink.

    Lovies

    Jenny

    ReplyDelete
  3. Hello mariki,
    Ja so waar elke mens het maar die ou liefdes dingetjies nodig... hoop jy sal n wonderlike liefdesnaweek he...
    Nimsi

    ReplyDelete
  4. Hello sus,
    Dankie vir jou inloer... net verlede week vra iemand my of daar regtig so n ding soos telepatie bestaan tussen tweelinge en hier gebeur dit nou weer vanoggend... terwyl jy hier kommentaar lewer stuur ek aan jou n e-pos met al die vrae in waaroor jy die antwoorde hier gee...
    Ek is lief vir jou en verlang
    Naomi

    ReplyDelete
  5. Nimsi... wonderlike idees wat jy hier vir ons gee! Gaan beslis een of twee van dit doen!

    ReplyDelete
  6. Ek stem dit hoef nie baie geld te kos nie. Ek wil eindelik net saam my Liefie wees. En ja sommer net rustig onder die maan sit en onthou....

    ReplyDelete
  7. Goeie idees Nimsi. Ag en nou sal ek moet uitvind wat is die Arabiese woorde :-)

    ReplyDelete
  8. Hello Zee,
    As jy probeer het laat weet vriendin...

    Hello Muriel,
    Ek hoop en vertrou dat dit nie net by onthou sal bly nie!

    Nimsi

    ReplyDelete