Wednesday, February 25, 2009

Het jy ook al opgemerk...

Ons leef waarlik in n "kits" wereld. By die meeste kitskosplekke wag jy nie eers drie minute vir jou kos nie. Hare word in n kits gesny. Bankdienste word al hoe beter, en die arme petroljoggies word omtrent gedryf om kitsdiens te lewer...

Jy het seker ook al gesien hoe mense sekere voorwerpe gebruik vir ander doeleindes as waarvoor dit oorspronklik gemaak is... Pak gee met n houtlepel, en dit terwyl dit gemaak is om pap mee te roer! Met jou motor sleutels of die agterkant van n pen in jou oor krap... glad nie sy oorspronklike doel nie!!... Wou die oom my eendag vermoor toe ek in die supermark vir n man een van my oorstokkies uit my handsak haal en aanbied toe hy met sy sleutels in sy oor krap...

Soms gebeur dit dat n mens vier seisoene in een dag ervaar. Jy staan die oggend op en dis ysig koud. Dit maak later plek vir heerlike sonskyn en erge hitte met n goor wind. Later veroorsaak die wind dat wolke saampak en donderstorms laat jou hardloop vir skuiling. Dit is min of meer die beste beskrywimg as jy na sommige mense se buie kyk. Voordat jy hulle benader, moet jy eers bepaal met watter voet hulle uit die bed opgestaan het, anders het jy dalk probleme! Het die buie maar van dag tot dag gewissel. By baie mense wissel dit egter van uur tot uur...

Eensaamheid, al is jy tussen n massa mense, is n algemene verskynsel vandag. Dit is hoe baie mense deur die lewe gaan; daar is heelwat mense om hulle maar tog is hulle eensaam. Daar is net geen kwaliteit verhoudings in hulle lewe nie...

Het maar net gewonder of ek dalk die enigste mens is wat hierdie dinge opmerk?

5 comments:

  1. Jy is vreeslik reg Nimsi.. en die vinnige lewe maak ons almal so half ongeduldig en onvergenoegd.. en mens jaag saam met almal voort. Iemand het eendag gese dat sou ons eendag die rat race wen, is ons nog steeds rotte..

    ReplyDelete
  2. Hallo Charmaine,
    So waar - Staan gister by n verkeerslig en wag om te ry, die man in die voertuig langs my slaan so ongeduldig op sy stuurwiel dat ek toe skoon vergeet om te ry toe die lig groen slaan...
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Jy kyk graag na die wêreld rondom jou, né. Maar dit maak die lewe interessant.

    Wens ek kon JOU bekyk daar by die verkeerslig met die kwaai man langsaan!

    ReplyDelete
  4. Hello mariki,
    jy sou seker ook net soos die oom agter my jou kop geskud het!
    Ja ek sien altyd maar altyd die verkeerde goed raak glo my!
    Maar Robert Brault het gese: "Enjoy the little things, for one day you may look back and realize they were the big things"
    Groetnis en mooi bly
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Ja jong, ons leef mos uit gewoonte en raak afgestomp selfs vir die waardevolle (klein en groot) dinge.

    ReplyDelete