Thursday, February 5, 2009

Jenny

My dierbare suster, baie baie geluk met jou verjaardag.
mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou waarlik net groot en mooi dinge inhou...

Baie dankie vir my boodskappie vroegoggend, soos dit maar deur die jare was/is het ek dadelik geweet dit is jy toe my foon sy deuntjie speel!

In die jare wat kom sal jou oe verdof, jou hare uitval, jou gums krimp, tande uitval, plooie sigbaar wees, maar ek sal altyd daar wees vir jou deur dik en din: Ek sal jou lei met n knopkierrie, n pruik vir jou opsit, my kunstande vir jou leen, jou toonnaels reguit saag, en beesmis op jou plooie smeer - COZ tHATS WHAT SISTERS ARE FOR!

Dierbare Hemelse Vader,
baie dankie dat U my sussie nog n jaar vir my gespaar het.
Dankie dat U elke behoefte en begeerte elke bekommernis van haar ken.
Hemel Vader, hou haar asseblief styf aan U dierbare bors gedruk in hierdie nuwe lewensjaar van haar.
Seen haar en bewaar haar asseblief.
Amen


Om die waarde van n suster te besef: VRA IEMAND WAT NIE N SUSTER HET NIE!


14 comments:

  1. Liewe Nimsi en Jenny,

    Baie baie geluk met julle verjaardag. Mag dit 'n wonderlik jaar vol vrede en diep geluk wees. Geniet julle dag. Ek bid julle Vader se seen toe.

    ReplyDelete
  2. Baie gelik tannie Naomi met tannie se verjaarsdag, ook vir tannie se sussie, ek is baie lief vir tannie en verlang. Dit gaan goed met my by my ouma hulle.
    Liefde
    Doreen
    xxxxxxxxxxx

    ReplyDelete
  3. Nimsi

    Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n baie lekker dag en word uit jou skoene bederf. Mag die jaar wat voorlê vir jou net mooi dinge inhou!!!

    Baie geluk ook aan Jenny met die dubbele verjaarsdag!!!

    x x

    ReplyDelete
  4. Charmaine, Doreen en Muriel
    Baie dankie vir die gelukwense.
    Liefde
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Baie geluk julle twee met die verjaarsdag. Ek wens julle 'n wonderlike dag van bederf toe en 'n jaar propvol blessings.

    Liefde

    ReplyDelete
  6. Baie dankie aan almal vir die goeie en mooi wense. Ek hoop my suster dat jy 'n genotvolle dag sal hê. Dankie vir jou boodskap en mooi gebede. Geniet jou dag en mag geluk jou later verveel. Onthou dis een ding wat niemand van jou kan steel, vir jou gee of vir jou maak nie. Geluk is wat God ons binne onsself gee en dis wat ons daarmee maak wat tel. Wees gelukkig elke dag van jou lewe want daar is so baie om voor dankbaar te wees en soveel seeninge uit Gods hand. Mooi bly en ek kom een van die dae kuier.

    Liefde

    Jenny

    ReplyDelete
  7. Hello sus,
    kan nie wag vir jou kuier!
    Liefde
    Naomi

    ReplyDelete
  8. HI Sus

    Ja hierdie jaar wil ek weer leef. gaan weer kuier en nie dat armgeit my onder kry nie. Mens mors te veel jare om te tob. 1 van die dae is ek so oud ek moet gestoot word, so ek gaan baie baie hups wees hierdie jaar. Gaan beslis meer rondloop.

    Liefde

    Jenny

    ReplyDelete
  9. Hello sus, gids jongie, raak ek nou skielik vreeslik haastig om op daai ouderdom van "gestoot word" te kom!
    Hoop jy het n lekker dag! Nat en koud hier by ons.
    Lovies
    Naomi
    Ek verlang na jou!

    ReplyDelete
  10. Baie geluk Nimsi en Jenny met julle verjaarsdag! Mag julle albei 'n wonderlike nuwe lewensjaar hê!

    ReplyDelete
  11. En laaste, maar (hopelik) nie die minste nie:

    "Laat Heer U seën op haar daal
    U guns uit Sion haar bestraal.
    U, wat beveel en dit geskied;
    wil Heer, U seën oor haar gebied."

    Dit is my gebed vir jou en Sus Jenny!
    Liefde
    mariki

    ReplyDelete
  12. Hello mariki,
    baie dankie!
    Liefde
    Nimsi

    ReplyDelete