Friday, February 27, 2009

Geluk my kind

Ek is vandag hartseer van blydskap!
Ek skryf eintlik vandag om dankie en geluk te se my kind...
Dankie vir die wonderlike kind wat jy nog altyd vir my is... Jy was nooit skaam om my te druk, langs my te sit, of sommer net saam met my in die dorp te drentel nie!

As klein seuntjie al was jy baie "wise". Jy het al my aandag geverg en aangedring op volle antwoorde! Eintlik was jy nog altyd so slim en vol selfvertroue. Van kleintyd af was almal mal oor jou en jy het so graag met hulle almal gesels.

My kind, toe jy op skool was en ek en jy die pad alleen geloop het, toe ons finansieel swaargekry het, het jy my nooit verwyt nie. Jy was tevrede met geen of min sakgeld, met tweedehandse klere. Ek het dit so wardeer my kind!
Toe jy matriek slaag met onderskeiding en vrystelling en ek nie kon bekostig om jou verder te laat studeer nie, was jy tevrede, en jy het jou Diensjaar vir Christus met trots gaan doen!

Ek is trots daarop dat jy al lankal vir jouself sorg. Ek is trots daarop dat jy werk en so lojaal en pligsgetrou is. Soms kry my hart seer oor die lang ure wat jy werk maar tog maak dit my so so trots!

Ek kan nie wag vir jou elke woensdag aand se oproepe nie, en dan se jy altyd so vrolik: Hello my ma...
Ek voel altyd so gekoester by jou my kind! Ek sal nooit maar nooit vergeet toe jy so vyf jaar oud was en dinge tussen my en jou pa so lelik geraak het net voor die egskeiding, het jy altyd jou armpies om my gesit, niks gese nie, net maar my skouer met jou klein handjie gevryf... Daai tyd al het mamma geweet jy sal altyd daar wees vir my. Baie dankie daarvoor!

Ek is so jammer dat ek die slegte dinge van die lewe nie kon keer nie... dat ek jou nie kon beskerm teen die wreedheid van ander mense nie! Ek is jammer dat jy as klein seuntjie al met die wreedheid van die lewe moes kennis maak. Maar ek is so trots op jou... op die manier hoe jy dit hanteer en oorkom het!
Manne ek se so baie vir die Here dankie dat hy iemand soos jy vir my gegee het!

Jy is so pynlik reguit my kind. Vir jou is daar geen ompaaie nie. En dit is ook goed so...

Baie Geluk my kind met jou bevordering!
E
k is so trots op wat jy in net agt maande by so n groot maatskappy bereik het!
Ek en pa Loutjie het gisteraand op die balkonnetjie in die reen gedans vir jou my kind... n dans van dankbaarheid en trots!
Ons is lief vir jou... meer as wat jy ooit sal kan dink, en ons is so trots op jou

Liefde
Mamma

*Vergewe my maar asseblief die ou fototjie hierby!

8 comments:

  1. Baie baie geluk!!!

    Nimsi, ai, ek sien hoe die liefde vir jou kind hier uitstraal...

    ReplyDelete
  2. Baie geluk met die bevordering ek hoop die nuwe uitdaging gaan net nog nuwe deure oopmaak. Nimsi ek hoor sommer die liefde en trots en met rede.

    Lekker naweek

    ReplyDelete
  3. Baie geluk Nimsi, Pa Loutjie en "Seun"!! Mag die jaar vir hom net mooi dinge inhou!

    Lekker naweek
    Liefde
    x x

    ReplyDelete
  4. Sandra,
    Baie dankie, ja... somtyds versmoor ek hom so bietjie, maar soos met alles anders verdra hy dit met liefde en geduld!

    Muriel,
    Baie dankie! Lekker naweek daar ook.

    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Kom nou eers weer by...

    Baie geluk aan julle almal -- is dit nie wonderlik nie! In hierdie dae van bolangs en halwe werk, wat 'n genade as mens se kind jou liefhet, en reguit paaie in die lewe loop.

    Mag jou seun nog diep spore trap in sy beroep, Nimsi.

    ReplyDelete
  6. Gee mens sommer 'n warm gevoel om die hart om hier te lees van jou en jou kind se pragtige verhouding!

    Baie geluk aan hom met sy bevordering en vir jou en Loutjie ook!

    ReplyDelete
  7. Hello mariki en Thea,
    baie dankie vir julle mooi gelukwense
    Nimsi

    ReplyDelete