Friday, February 13, 2009

Vrydag, die 13de...

PARASKEVIDEKATRIAFOBIA...

Moet eerlik erken dat ek die woord glad nie kan uitspreek nie! en dit is dus een fobie waaraan ek gelukkig nie ly nie.

Volgens die geleerdes is n fobie n oorheersende en sinlose vrees wat met n bepaalde situasie of voorwerp verband hou wat normaalweg nie vreeswekkend behoort te wees nie...
Fobies verskil van gewone vrees daarin dat dit lank duur en sinloos is en dat die voorwerp of situasie wat die vrees uitlok, vermy word.
Die vrees vir Vrydag die 13de is een van die mees algemene fobies en verkeer baie mense in groot ongemak op die dag...
Mense wat aan hierdie fobie ly is buitengewoon versigtig op hierdie dag want hulle glo dat slegte dinge met hulle kan gebeur.
n Jarelange vriend van my ( ek sal maar nie sy naam noem nie) gaan al die jare wat ek hom ken glad nie op hierdie dag werk toe nie...

Ken ek ook n paar mense wat aan verskillende fobies ly;
*akrofobie - hoogtes
*kloustrofobie - geslote ruimtes
*agorafobie - oop ruites
*akwafobie - water
*pirofobie - vuur

Die ou mense het hierdie fobies sommer net bygelowe genoem...
Paddas gee jou vraaitjies
Swart katte is "evil"
As jy n spieel breek wag daar sewe jaar se ongeluk op jou
As jy onder n leer deurloop gaan jy ongelukkig wees.

Ek wil geensins hierdie dinge as onsin afmaak nie... ek het net geen persoonlike ondervinding dat vrydag die 13de n ongelukkige dag is nie, vir my nog al die jare maar net soos elke ander vrydag, dus bly ek oortuig dat hierdie vrees net soos enige ander vrees... n persoonlike oortuiging is!

Lekker Vrydag en geniet die naweek...

4 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Al hierdie saakse goed pla my nie, maar geslote ruimtes ???? dit is my dood...!
    Geniet die naweek

    ReplyDelete
  2. Hi Nims

    Ek is net versigtig, ek wil nou nie die noodlot uittart nie!! hahahaha

    Soos Oom Petrus is ek ook nie lekker in geslote ruimtes nie, veral 'n hysbak!!! Ek is doodbang vir 'n hysbak!!!

    Hoop julle het 'n lekker Valentynsdag
    x x

    ReplyDelete
  3. Dit moet darem maar waarlik swaar wees om "fobies" te wees. Maar anders as fobies, dink ek nie daar is plek in 'n gelowige se lewe vir bygelowe nie. Wat dink jy?

    ReplyDelete
  4. Dis waar Nimsi, Ons weet mos ons Vader is met ons elke dag, hoe sal datums en katte en hoogtes ons bedreig... maar die mense wat die vrese het, suffer... ek weet. Mens kan dit nie afmaak as niks nie. Ek dink aan hulle almal...

    ReplyDelete