Sunday, February 22, 2009

Klippie

Abba Vader,
soos wat n mens n klippie in n dam gooi en dit uitkring en uitkring op die water, stuur ek in hierdie middag n klippie gebed uit vir elkeen wat hier op my blog kom lees
. God ,mag U liefde deur ons werk, gee asseblief dat almal wat in aanraking kom met ons in die komende week, van ons werksmense tot die man wat ons brandstof ingooi, of die vroutjie wat ons pakkies pak by die winkel, U seun Jesus se liefde deur ons sal ervaar. Gee dat ons vriendelik sal wees, liefde sal uitdra en al die vrugte van die Gees sal openbaar elke oomblik van elke dag. Vader ons is dalk die enigste persoon wat in maande vriendelik was met n ander persoon. Gee dat ons hoopdraers sal wees in n donker wereld. Gee asseblief dat ons "kringe" sal uitkring en uitkring tot eer van U Heilige naam.
Amen

9 comments:

  1. Ek maak hierdie gebed ook my gebed vir die week Nimsi. Ek wil baie graag ook 'n vrugdraer wees. Het self ook al hoeveel keer ondervind as ek liefde uitdeel, kry ek dubbel soveel terug!

    'n Wonderlike week vir jou!!

    ReplyDelete
  2. Dankie Nimsi. En dat ander Hom in ons en ons optredes sal sien!

    Liefde

    ReplyDelete
  3. Nimsi van toeka se tyd, kon ek altyd net hier kom draai het, om weer perspektief te kry in my lewe!!!

    Dankie vir al die e posse om my op te beur en die sonskyn in my lewe terug te bring! Ek waardeer dit baie!

    Lekker week!
    x x

    ReplyDelete
  4. Hello Thea,
    Dankie vir jou inloer, Ek stem volkome liefde kan niks anders teruggee as liefde! n Mooi week vir jou. x

    Sandra,
    Ja, inderdaad, ek wonder soms of ongevoellige mense dit ooit agterkom... Geluk aan James met sy werk alles wat mooi is wens ek hom toe vir sy werk en studies.
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. ((((Muriel))),
    Ek en jy moet nog n koffietjie op my balkonnetjie drink vriendin! So bly jy is beter, kon maar min doen om te help. Soms Muriel kan ons net vir mekaar bid! Gee vir Teddie "drie honderd en dertig" soenne en drukkies van my af vir die terugkry van die verlore bloggie!!!
    Mooi week vir julle.
    God bless!
    Nimsi

    ReplyDelete
  6. Hallo my suster

    Ja jong ek sukkel nog steeds met die verpeste rekenaar, nou is die fout glo by telkom. Maar ek sal maar vasbyt. Ekt lekker by jou gekuier en jou plekkie lyk tog te mooi, ek hoop vir jou part julle kan tog maar daar bly, en dat Willie die ander ou uitlos. Wel ek sal maar sien as ek die storie van die mails uitgesort het wanneer ek weer vir jou 'n lang brief kan skryf.

    Mooi bly en liefde
    Jenny

    ReplyDelete
  7. Hello Sus,
    baie dankie vir die kuier, dit was goed om jou weer te sien, laat kyk na jou maag asseblief... eks bekommerd daaroor! Hoop jy kry gou jou mails uitgesorteer. Bid asseblief maar saam met ons dat ons geen besluite buite die wil van God sal neem nie, ek sal nie weer so n "nock" soos laasjaar kan hanteer nie...
    Lief jou, mooi week en groete daar aan almal.
    xxx

    ReplyDelete
  8. Nimsi -- die reine waarheid hierdie, om in diens van die Here te verrig!

    Baie sterkte vir julle met jul besluit.

    ReplyDelete
  9. Hallo mariki,
    Dankie vir jou ogies wys, bid maar asseblief saam met my, hierdie is n besluit waarin ek maar baie min se gaan he...
    Nimsi

    ReplyDelete