Friday, February 6, 2009

Jou Naam

Dit was die groot Engelse dramaturg William Shakespeare wat gemeen het dat name nie so belangrik is nie.
"O, be some other name! What is in a name? That witch we call a rose, by any other name, would smell as sweet" se Juliet vir Romeo (bedryf 2 toneel2)

Desnieteenstaande is name steeds vir almal van ons belangrik. Alhoewel familiename vandag net by uitsondering vir kleinkinders gegee word, is dit tog opmerklik hoe n ouma blom as haar kleindogter "haar" naam kry of hoe n oupa breebors rondstap as sy kleinseun die "familienaam" gegee word...

In Hitler se konsentrasiekampe is mense se name met nommers vervang. Wie weet, miskien was die onmenslike behandeling in daardie strafkampe makliker om uit te deel omdat die inwoners nie name gehad het nie!

n Mens se naam se altyd iets van jou. In die Bybel se tyd is mense se name dikwels verander as daar belangrike dinge met hulle gebeur het. God self verander Abram se naam na Abraham, omdat hy die vader van baie nasies sou word; na Jacob se worsteling met God by die Jacobspruit word sy naam Israel; en Naomi het self haar naam na Mara verander toe sy uit Moab na Betlehem teruggekeer het, omdat God die lewe vir haar bitter gemaak het.

Let maar op - dat sodra jy vir n dier n naam gegee het - hetsy dit n kat, hond, vis of voel; raak jy lief vir daardie dier!
Geen wonder dat boere ook nie name aan die diere wat geslag gaan word gee nie...

Ek onthou nog soos gister die Sondag in my laerskooljare toe my pa in n grap vir my gese het dat ons bruingebraaide Sondaghoender in der waarheid my mak hoender, Katryn was! Ek was met totale afgryse vervul en kon daardie Sondag nie n mondvol eet nie, alhoewel die hoender toe nie regtig Katryn was nie!

Hoe wonderlik vir my die wete dat God my naam ken, en omdat Hy my naam ken, ken Hy my persoonlik en kan Hy my nooit vergeet nie!

8 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Pragtig.
    Jesaja 43:1
    ....... Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
    Kom ons onthou dit.... Ons name staan in daarvoor dat ons aan God behoort.Kom ons wees getrou aan Hom en leef daar volgens.
    Geniet die naweek en ry versigtig

    ReplyDelete
  2. Dankie, Nimsi, dit was goed om te lees. En ja, 'n naam IS belangrik -- ek probeer altyd seker maak van die uitspraak en spelling van iemand se naam, want dit is mos wie hy/sy is.

    ReplyDelete
  3. Hello mariki,tog so baie bly daar is nog iemand wat soos ek voel oor die spel van iemand anders se naam: Ek kan so kinderlik ongelukkig raak as iemand my naam Naomie in plaas van Naomi spel.
    Dankie vir jou inloer
    Nimsi

    ReplyDelete
  4. Hallo Naomi, jy is vreeslik reg en Vader het ons name in Sy handpalm geskryf... wow. Ek stem so saam met jou dat 'n naam iemand of iets werklik maak an bekend maak en geliefd maak. Kan jy dink hoe afgryslik dit was om net 'n nommer te wees in die kampe...

    ReplyDelete
  5. Hallo Charmaine, Dankie vir jou inloer, hoop jy voel al beter.
    Ja, tog snaaks dat jy eers na aan iemand kan kom wanneer jy sy/haar naam ken ne!
    Lekker naweek
    Naomi

    ReplyDelete
  6. Eintlik is naamgee 'n belangrike ding, kyk net bietjie wat jou elkeen se naam beteken. Ons het eenkeer so 'n studie gedoen en dit was amazing.

    ReplyDelete
  7. Pragtige inskrywing!!

    Dit is wonderlik dat God my naam ken!

    ReplyDelete
  8. Hallo Sandra,
    Bly jy kon kom inloer! Hoop jy is alweer op en aan die gang! Ek glo so n studie van name sal baie interresant wees.

    Muriel,
    genade vriendin eks diep bekommerd oor jou! Is jy reg?
    dankie vir jou kuiertjie hier by my.

    Nimsi

    ReplyDelete