Monday, August 31, 2009

Die Meesterhand


Daar is dinge in die lewe wat n mens stom maak...

Die dood van n geliefde is een van daardie dinge. En in sulke tye leer ons almal om die knie te buig voor die Groter Mag wat beheer oor ons lewens het.


Baie dankie aan elkeen vir julle gebede en boodskappe van bemoediging - dit word opreg wardeer.
Daar is nog baie trane by ons - maar dit is stil trane; trane sonder verset, en daarom helend.

Ek sal nog n tydjie lank stil wees hier op my blog...
Ons moet almal maar eers weer terugkom na die son toe en kom vrede maak met die Meesterhand.

10 comments:

  1. Ek bid dat julle die son van God se genade warm en vol liefde oor en binne julle sal voel skyn.

    ReplyDelete
  2. Sterkte vir julle Nims, julle word in my gebede opgedra!!!
    Liefde

    ReplyDelete
  3. Baie Dankie Muriel,
    In n tyd soos hierdie het n mens jou naaste se gebede nodig!

    ReplyDelete
  4. Mag ons Vader julle almal dra en vertroos, soos Hy alleen kan.

    ReplyDelete
  5. Baie sterkte en baie liefde!! ((Nimsi en familie))

    ReplyDelete
  6. Bid vir julle Nims ...vir vrede en dat julle in hierdie tyd Vader se liefde in oorvloed sal ervaar en voel.

    ReplyDelete
  7. mariki, Thea en Sandra
    Baie Dankie - ek het nooit geweet daar is soveel liefde in die wereld nie!

    ReplyDelete
  8. Nimsi ek bid ook vir jou,mag die Here weer vreugde en berusting bring.

    ReplyDelete