Thursday, October 8, 2009

Anette se verhaal...

Hierdie is n ware verhaal, ek plaas dit met Anette se toestemming.
Dankie Anette vir die vertoue wat jy in my plaas om jou verhaal hier te vertel... ek verseker jou dat elkeen wat hier lees met liefde en deernis kommentaar sal lewer.


Partykeer trou n mens omdat jy 18 en dom is. Dan kom jy agter hoe erg dit is om arm te wees, al is jy saam met die een wat jy liefhet. En dan kry jy werk omdat jy slim is. En dan pleeg jy bedrog. Omdat jy dom is...
Anette pleeg bedrog toe sy sien hoe swaar haar man kry. Sy steel n aardige bedraggie. Haar man begin goed leef. En die twee kinders wat gebore word ook. Maar nou ja, sy word gevang. Dit vat tien jaar, maar hulle vang haar. En sy kry vyf jaar tronkstraf.

Die mense by die kerk kan dit nie glo nie. Sy is ondervoorsitter van die jongvrouevereniging. Diaken en als. Getrou in die erediens en by die biduur... So n klomp geld gesteel? Hulle skud die kop... En tog, sê die dominee, gaan ons vir haar geld gee om in die tronk te studeer. As sy haar graad daar kry is almal beter daaraan toe wanneer sy uitkom...

Sy sit lank voor sy uitkom. Toe sy uitkom, weet sy sommer... Haar man het n vriendin. Hy het die vriendin al gehad voor sy tronk toe is. Dit was toe al die tyd om die vriendin te onderhou dat ek die geld moes steel, vertel Anette my bitter.
Anette is nou veertig , geleerd en vry.
Wat nou? vra sy my met angs in haar oë - Ek het n paar grade, maar ek het nie werk nie. Ek sit hier by die hospitaal vir gratis medisyne. Ek het bloeddruk probleme en is op antidepressante.
SAL DIE HERE VIR MY SORG?

7 comments:

  1. O, dit is die hartseerste verhaal! Ek dink aan die mense wat die vrou wou doodgooi met klippe omdat sy owerspel gepleeg het,en Jesus was so sagkens! Hy het haar nie veroordeel nie, Hy het haar vrygespreek! Die Here het n doel ook met hierdie dierbare vrou, dit glo ek! Mag Hy haar hoog oplig uit haar omstandighede uit!

    ReplyDelete
  2. Sonja stel dit so suiwer.

    Ja, GOD sál sorg, Anette!

    O, hoe seer...

    ReplyDelete
  3. Ek lees vanoggend prof Hennie se inskrywing en ek dink dit beantwoord Annette se vraag baie beter as wat ek sou kon. Die skakel: http://www.carpediem.co.za/henniestander/?p=2974

    Wat ek dalk net kan byvoeg is dat ons soms die Here se hand los, maar Hy los nooit ons hand nie.

    ReplyDelete
  4. Ons het net die naweek die boodskap vir ons kinders met die poppekas gegee. Hy's daar vir ons altyd en alhoewel jy (Annette) dalkies voel alles tuimel in rondom jou, het Hy wonderlike planne vir jou Bly net naby Hom - ons bid vir jou

    ReplyDelete
  5. Ai Anette, ek bid vir jou vir innerlike vrede wat alle verstand te bowe gaan en wysheid om die regte besluite te neem en dat jou geloof sterker sal word. Ons Pa is lief vir jou

    ReplyDelete
  6. Ai Anette...! Dis 'n baie hartseer verhaal. Bly net vertrou. Ek is seker die Here sal 'n werk voorsien. Al wat ek kan doen is om vir jou te bid - vergeet wat agter le en kyk net vorentoe! (((vir jou)))

    ReplyDelete
  7. Hallo Nimsi,
    Hierdie is hartseer!
    Opkyk en vertrou en vahou aan daardie pand.
    Ek glo Vader sal uitoms op Sy tyd stuur. Ons bid vir Anette
    Sterkte

    ReplyDelete