Monday, October 5, 2009

Leef vir vandag


Hoe gereeld hoor mens die volgende in mense se allerdaagse gesprekke -
Waar gaan ons geld kry om die huispaaiement te dek?
Waar gaan ons geld kry om kos te koop?
Wanneer gaan ons weer op ons voete kom?
Waar gaan alles eindig?
AL DIE ONSEKERHEID OOR GELD MAAK MENS MOEG!

Tot n paar maande gelede het ek en Willie ook van maand tot maand geleef, maar deesdae leef ons vir nou, vir vandag.
Om ons elke dag oor die einde van die maand te bekommer is net nie die moeite werd nie!
Ons bekommer, maar weet nie eers of ons more nog leef nie... Ons mors soveel tyd op bekommernisse, dat ons vergeet waaroor die lewe regtig gaan!
Solank ek my man by my het - weet dat my kind gelukkig en gesond is - my klein hondjie kan vertroetel en die Here in my hart en lewe het, het ek niks meer nodig nie!
Die Here voorsien elke dag wat ek nodig het, niks meer en niks minder nie. Solank ek op Hom vertrou - sorg Hy vir my!
Moenie oor die einde van die maand bekommer nie...jy mis op die kosbare dinge van die lewe uit!

12 comments:

  1. Nimsi dit is so baie waar!! Ek weet presies waarvan jy praat! Elke maand is dit dieselfe storie,ons kind se autisme het ons elke sent gekos wat ons het en dit hou net nie op nie, die rekeninge bly net kom en net die Here weet waar om al die geld te kry, elke maand maak ons dit net-net! maar die Here is so getrou! Hy voorsien in al ons behoeftes. EEn ding het ek in hierdie tyd geleer: Baie dae was ek in die versoeking om moed op te gee, te begin kla en negatief te raak. Op een so n dag het die Here my gelei om te lees van die Sy volk wat uit Egipte uitgelei is deur Hom. Daar is soveel goeie lesse om te leer in daardie stukke! EEn van die belangrikste lesse wat ek geleer het is dat God dit haat as ek kla en as ek nie in Hom glo nie-dan kan Hy niks doen nie. Solank as wat ek my kop optel en HOm net bly prys en loof en se: Here ek weet U weet reeds wat ek nodig het, dankie dat U nooit te laat is nie, ek weet ek moet net op U vertrou en hierdie vertroue is n besluit nie n gevoel nie, ek kies om die woord te glo en my oe op U te hou!
    Solank as wat dit my gesindheid is,loop alles reg! Dankie dat jy dit gedeel het!

    ReplyDelete
  2. Hi Nimsi
    Dankie vir hiervoor - ek het dit nodig gehad. Na meer as 30 jaar in die staatsdiens, is Jan vir die eerste keer nie juis gelukkig by sy werk nie en sou graag al plek wou maak vir regstellende aksie en vroeer met (op?) pensioen gaan. Hy bekommer hom egter oor die geld en wil dus maar vaskou aan sy huidige werk - vir nog drie jaar! Maar soveel energie gaan verlore in daaglikse stres. Ek voel die Here sal voorsien as dit Sy wil is dat Jan vroeer moet waai. Die Here het nog altyd vir ons gesorg, al het dit soms broekskeur gegaan - veral toe die kinders nog klein was. Om elke dag voluit vir God te LEEF is die belangriste: om op te staan met 'n lied in jou hart. Ek is seker Hy wil he ons moet gelukkig wees en ons nie bekommer oor nimmereidigende werk, beslommernis en onsekerheid nie. Bid asb. dat Jan die nodige wysheid sal kry en sal HOOR wat God se volmaakte wil is vir hom!... en dat hy dan gehoorsaam sal wees... en ek dit so sal aanvaar!
    En aan Sonja hierbo: dankie ook vir jou getuienis en ek bid vir jou en die stryd met jou kind se outisme! Ons kind het ADDH en dit bly maar 'n moeilike pad!

    ReplyDelete
  3. Sonja baie dankie vir jou getuienis hier. Sterkte vir julle en ek bid vir julle!

    ReplyDelete
  4. Miekie dit is voorwaar n groot besluit wat Jan moet neem. Ek bid saam met julle. Sterkte en dankie vir jou lekker kommentare altyd hier by my.

    ReplyDelete
  5. Sooo waar, Nims, ABSOLUTE vertroue is wat God so graag by ons wil sien! En ons wéét dit, maar o wee, volgende keer sukkel ons weer om dieselfde les te leer! En tog staan Hy ons met elke sukkel-keer ook by -- is Sy geduld nie fantasties nie!!

    Ag, ek hou julle almal in gebed vas.

    ReplyDelete
  6. Wou nog vra: hoe gaan dit met jou sus?

    ReplyDelete
  7. Dankie mariki,
    Ja ons dien n groot en wonderlike God.
    Dit gaan al beter met my sus - sy sit ook maar elke dag haar hand in God se hand.
    Lief jou vriendin.

    ReplyDelete
  8. Ons kommer so gou - daar is mos 'n Sweedse gesegde wat se "bekommernis gee aan klein dingetjies groot skaduwees"

    Lekker dag vir jou & Willie!

    ReplyDelete
  9. Die liedjie wat ons op skool gesing het pop nou op... as hy sorg vir die swaeltjies dan sorg hy ook vir ons. Ons God is getrou en die lewe is te kosbaar om met bekommernis te oorskadu. Dankie Nims. Dit was goed om hier te lees en al die ander insette. Drukkie vir klein Rascal en groete vir Willie. Liefde ekke

    ReplyDelete
  10. sandra en charmaine
    Dankie vir al jul kuiers hier by my.
    Lief jul 2.

    ReplyDelete
  11. Nimsi, dit het my baie lank gevat om te besef dat die Here wel voorsien wanneer ek nie weet waar ons volgende bord kos vandaan gaan kom nie.

    Snaaks, daar is baie maande wat ek nie geweet het wat om te doen nie, en ons het baie aande sonder kos gaan slaap.

    Maar...... Die Here is wonderlik, vandat ek my vertroue in hom gestel het, het ons nog nooit eendag honger gaan slaap nie, al het ons net 'n broodjie gehad om te eet. Ek worry nie meer nie, want ek vertrou HOM!!!

    (((Nimsie)))

    ReplyDelete
  12. Dankie (((Zee))) vir hierdie kragtige getuienis!

    ReplyDelete