Thursday, October 1, 2009

My Hande


Vandag kyk ek na my hande en besef ek het hulle lief.
My hande het al baie van my trane afgevee.
My hande dra met liefde die ring wat my man aan my vinger gesteek het.
My hande het my kind getroos as hy hartseer was en hom met liefde vasgehou.
My hande voed my gesin en sorg dat daar skoon klere en n huis is.
My hande hou my Bybel vas, terwyl ek daagliks pitkos daaruit haal.
Vandag sit ek my hande saam en bid dat die Here my en almal wat ek liefhet, sal vashou en bewaar.
Eendag gaan ek my hande in die Here se hand sit wanneer Hy my na sy ewige woning neem.
Here, dankie vir my hande.

7 comments:

  1. Ooo Nims, hoe waar. En hoe mooi gesĂȘ. Boonop is die foto so treffend!

    ReplyDelete
  2. So waar Nims. Ons neem so maklik ons hande as vanselfsprekend.

    ReplyDelete
  3. Dankie Thea.
    Welkom terug mariki - hoop julle vakansie was lekker.
    (((Sandra)))

    ReplyDelete
  4. Hi Nimsi
    Toe my sus Lalie eenkeer tydens 'n ysbreker gevra is van watter deel van haar liggaam sy die meeste hou, het sy gese "My hande, want hulle doen wat ek wil he." My hande is nie so sterk en vlytig en vaardig en kreatief nie, maar ek is ook baie dankbaar vir my hande. Soos jy se, hulle kan werk en troos en versorg! (En dan kan hulle nog blogs tik ook.)

    ReplyDelete
  5. Inderdaad Miekie. n Mens se hande vertel ook baie van jouself ...

    ReplyDelete
  6. Haai, ek het nog nooit so daaraan gedink nie!! Dit is so goed gese en nou kyk ek met nuwe oe na my hande ook! En ek is dankbaar ek het hulle!

    ReplyDelete