Tuesday, October 27, 2009

Dinge van die hart...


Die hart was deur al die eeue heen in alle kulture n belangrike
simbool. In die literatuur en kuns word daarna verwys as die kern van lewe, die bron van intellek, wil, moed, gevoelens en emosies.

Die antieke Egiptenare het met die balseming van n lyk alle organe behalwe die hart verwyder. Dit was vir hulle ondenkbaar dat daar n lewe na die dood kon wees sonder die belangrikste bron van lewe, die hart.

Dit was vir die hartpionier dr Chris Barnard interessant dat die Bybel mees as 300 keer verwys na die hart. Volgens hom het die hart vir ons soveel betekenis omdat dit die enigste orgaan is wat direk op spanning of emosie reageer. As ons kwaad, bang of opgewonde is, klop dit harder en vinniger...

3 comments:

  1. Aaah...."if we give Him ALL the pieces" Waarom sukkel ons tog so om tot op daardie punt te kom! En dis in ALLES die geheim van ons wandel met God, né?

    Nims, is als reg? Mag jou hart tog rustig wees.

    ReplyDelete
  2. Dis vir my altyd interessant dat ons van ons hart praat wat breek ens. ens. terwyl mens se hele lewe partykeer uitmekaar val. En dat God ons hart sal heelmaak terwyl Hy die stukkie van ons hele hart en verstand en lyf wil he. En dan se die kleintjies so mooi "Hy bly in my hartjie" terwyl ons praat van Hy's in ons hart, Hy's langs ons, Hy's orals. Mens kan seker se die hart is die simbool van "ons" is dit nie?

    Mooi bly. Groete vir Willie en 'n drukkie vir Rassie.

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi
    Baie goeie inskrywing
    Groet

    ReplyDelete