Thursday, October 22, 2009

Moed

In n storie van Alistait Maclean, n gewilde skrywer van lank terug, gesels n groepie mense oor dapperheid. Die mening is uitgespreek dat elke mens iewers in sy of haar lewe dapperheid moet openbaar. n Jong man in die geselskap het na n ou vroutjie gekyk van wie hy nie kon dink dat sy al ooit in haar lewe iets dappers kon gedoen het nie. Hy het haar gevra of sy al ooit n heldedaad verrig het. Die jong man het nie geweet dat haar lewe een groot stuk hartseer was nie.

Haar antwoord was wonderlik: "Ek? Ek verrig die heldedaad van moed, ja, die moed om uit te hou en nie op te hou nie!"
Om moed te hou teen al die hartseer en teleurstellings in, was in haar geval n heldedaad wat miskien baie groter was as die waaghalsige heldedade van baie ander mense.

Om moed te hĂȘ, beteken om met die lewe voort te gaan al lyk dit na n doodloopstraat.

4 comments:

  1. Dit is so waar! Ek het n ander een ook gehoor wat se: Om moed te he, is om bang te wees en tog voort te gaan met die regte ding.Begin net erens, gee net die eerste tree, se ek altyd vir myself, die Here het n manier om die res by te sit as ek net bereid is om die eerste tree te gee!

    ReplyDelete
  2. "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee," leer die Woord. Maar ek word klein en nietig as ek sien waarvoor die geloofshelde en -heldinne in my lewe (jy is een van hulle, Nims!), kans sien. Dankie vir jou/julle almal se geloofsvoorbeeld, want julle is ok maar net doodgewone mensies wat nie altyd lus is om te wil aangaan nie, en dan TOG aanhou stap in die doodloopstraat.

    ReplyDelete
  3. Dis baie keer makliker om sterk te wees as om te erken ek kan nie meer nie Pappa help my. Dan eers kan ons sterk staan en voortgaan al voel ons nie so nie, maar met Sy krag.

    ReplyDelete
  4. Stem so saam. Salig is hulle wat arm van gees is... die nuwer vertalings stel dit baie beter, maar jy weet wat ek bedoel. 2 Petrus stel dit so goed: as ons die moed het om nader aan Christus te beweeg, beweeg Hy nader aan ons... ons moet net aan die beweeg kom.
    Dankie vir hierdie pos. Dankie ook vir jou gebed verlede week. Mooi dag vir jou ook.

    ReplyDelete