Tuesday, March 3, 2009

Ongeluksvoel...


n Jarelange vriendin bel my uitasem gisteraand.
Ek vra haar of sy sopas geoefen het maar sy se nee, sy het nounet n skokkende ontdekking gemaak...
Sy se dat sy besef het dat daar nie n dag verbygaan sonder dat sy val, struikel of teen iets vasloop nie.
Ek het gedink dis ongeskik om vir haar te lag en ek het maar eerder stilgebly... Nie dat sy enigsins agtergekom het die stilte hang in die lug nie.
Sy vertel dat sy verlede week vinnig by n winkelsentrum ingehardloop het vir n uitrusting vir n funksie.
Sy vertel sy was haastig en toe sy by die deur uitstap (die vloer was nat want dit het gereen) wou sy nog die handreling vasvat toe sy neerslaan soos n dooie os, n paar trappe afgly en tot stilstand kom in n posisie wat enige ervare gimnas jaloers sou maak.
Daar sit sy en kreun. Haar pynbenewelde brein probeer om seine na haar bene toe te stuur om die net weer in n normale posisie te kry, maar iewers in haar gestel raak die boodskap heeltemal weg.
Iewers in die verte hoor sy stemme agter haar skree, Eish mamma, I'm sorry, I'm sorry
wat haar natuurlik absoluut niks gehelp het nie... iemand gee haar skoen vir haar terug...
Na nog n paar kreune en steune kry sy haarself opgelig uit die nievleinde gesittery.
Hoewel sy probeer om haar kop hoog te hou en met die bietjie dignity wat sy oorhet aan te stap na haar voertuig toe, kon sy nie help om haar gesig in pyn te trek met elke voet wat sy neersit nie.
Sy se, gewoonlik wanneer sy val, probeer sy so vinnig moontlik weer regop kom, maar hierdie keer het sy eerder net gesit en kreun.
"My lewe het nie eers voor my oe verbygeflits nie, ek het te vinnig geval" se sy.

Ek het geweet as ek nou lag... staan ek n groot kans om n baie goeie vriendskap te ruineer...

Vergewe my asseblief vriendin maar ek kan regtig nie meer vir een oomblik my lag inhou nie...

7 comments:

  1. Ek het ongelukkig 'n baie goeie verbeelding en kan my dus die prentjie té goed voorstel! Weet nie of ek my lag sou kon inhou nie Nimsi!
    :-)

    ReplyDelete
  2. Hello Thea, dit het al my selfbeheersing gekos om die regte simpatieke geluide te maak...
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Hello Thea, dit het al my selfbeheersing gekos om die regte simpatieke geluide te maak...
    Nimsi

    ReplyDelete
  4. Whahahaha sorry Nimsi se vriendin ek kan myself nie help nie, ek skater hierdie kant van die lag!

    Toemaar moenie alleen voel nie, snaakse dinge gebeur ook altyd met my.

    Ek wonder of dit nie dalk my guardian angel is wat my trip nie!! *grin*

    ReplyDelete
  5. Ek kan dink hoe moeilik dit was om nie te lag nie Nimsi maar ek's seker oor 'n paar dae lag sy saam met jou daaroor.

    ReplyDelete
  6. Muriel, ek dink soms dis haar guardian angel ook wat so n stout streek in haar het...

    Sandra,
    Ek en sy het al baie saam gelag en gehuil, hoop hierdie een gaan n saamlag word...

    Lekker aand
    Nimsi

    ReplyDelete
  7. LoL....

    Ai, dit is moeilik om jou in te hou in so 'n situasie om nie uit te breek van die lag nie! Ek sou ook tien teen een my hand baie hard op my mond moes druk.. en ek kan juis so gou begin giggel oor iets!

    ReplyDelete